Wees dapper en leer uit teleurstelling
Daar is daardie cliché wat sê sukses beteken net jy het nege keer geval en tien keer opgestaan.
Ek glo dit met my hele hart – my lewe is ’n lewende bewys daarvan dat elke mislukking my net gewys het hoe om dit nie te doen nie.
Want kom ons wees eerlik – jy moet weet wat nie werk nie om uiteindelik by dit uit te kom wat wel werk. Al voel mislukking soms soos ’n terugslag, is daar maatskappye soos Amazon en Google wat hul mense aanmoedig om te faal – om met enige idee vorendag te kom, dit te toets en iets daaruit te leer.
As dit nie werk nie, weet jy wat om volgende keer nie te doen nie. ’n “Oornagsukses” is amper nooit regtig oornag nie – jy sien net nie die jare van mislukking en groei agter die skerms nie.
Ek het onlangs na ’n tenniswedstryd gekyk, dit was deel van ’n toernooi en daar was verskeie wedstryde aan die gang. Ek het op ’n balkon saam met ’n vrou en haar seun – seker so tien of elf jaar oud – gestaan.
Dit was een van daardie skaars, pragtige sonskyndae in Ierland, so die balkon was propvol mense wat die wedstryde dopgehou het. In ’n stadium het een van die spelers van die baan af gekom en reguit na die vrou en seun toe geloop.
Sy het haar arm om hom gesit en gesê: “Slegte geluk, dalk volgende keer.” Hy was duidelik moedeloos en het begin praat oor wat hy anders moes doen en hoe hy homself teleurgestel het.
En toe gebeur daar iets besonders – iets wat ek nie gou sal vergeet nie. Ek sien uit die hoek van my oog hoe die seun na sy pa draai en sê: “Maar Pa, jy’t darem íéts vandag geleer, né?”
Die pa antwoord: “Ja, ek het geleer dis beter om saam met die wind te speel as daarteen.”
En die seun glimlag en sê saggies: “Dan is dit mos nie verniet nie, Pa.”
Ek was opreg beïndruk – dis duidelik iets wat hierdie kind by die huis en op die baan geleer is. Welgedaan aan sy ouers en afrigters! Maar dit het my ook laat wonder – hoekom kan ons nie alle dinge in die lewe só benader nie? Kan jy jou ego opsy sit, terugkyk en eerlik sê: “Ja, dit was moeilik, maar watter les het ek geleer?”
Ons almal mik vir die trofee, die medalje, die wen – en dis reg so. Maar langs die pad daarheen, kan ons dalk bietjie stilstaan en waarde heg aan die lesse wat ons leer?
My uitdaging aan jou hierdie maand: Dink terug aan wat jy die afgelope tyd geleer het – jy sal verbaas wees oor jou groei! En wanneer iemand om jou ’n teleurstelling ervaar, vra hulle – met opregte liefde en respek – watter les het hulle daaruit geleer.
* Astrid is ’n Namibiër wat saam met haar man en twee jong kinders in Waterford, Ierland, woon. Sy is passievol oor vrouebemagtiging en geestesgesondheid. Dié rubriek is deel van haar Be Brave Monthly Glimmer-inisiatief waar sy elke maand haar gedagtes, ervarings en raad per e-pos deel.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie