Wat is jou groot droom?
Nie alle drome is onrealisties nie. So ook is nie alle drome selfgesentreerd nie.
DROOM; die woord opsigself gee ’n “op- die- wolke”-beeld; elders ver weg van die roesemoes.
Mooi dinge in die kop wat vir ’n wyle werklik word, maar in werklikheid soms onbekombaar is. Ydele drome. Muisneste.
“Wat is jou groot droom Cha’,” vra ek myself.
Om boeke te publiseer wat mense inspireer, laat lag? Om Ousiema se storie as eerste Afrikaanse Namibiese sepie te sien? O ja, dis drome vir my . . . en dis beslis moontlik. Maar my yslike droom kring wyer dan wydste. Massief! ’n Droom oor radikale veranderinge vir my land en sy mense; let wel: KLEURLOOS. Veral vir die volgende generasie.
Soos uit die mond van die legendariese Amerikaanse aktivis/filantroop, Martin Luther King: “ I have a dream. . .”
Op die vlerke van my droom land ek by die staatshospitaal. Hulle is besig met fondasies om die reusevleuel vir kinders en bejaardes op te rig. Dis massief, met genoeg mediese toerusting (soos suurstofsilinders. My ma het haar dood versmoor, want suurstofsilinder was “ geleen” op ’n ander vloer. Die bestaande hospitaal ondergaan ook ’n reuse-ommeswaai.
Terwyl die span swoeg, kom “Fishrot” se gesteelde geld terug. Amen! My groot droom vir ’n megasentrum het sy eerste lewenskreet. Die Brakwater/Paaltjies-partytjieplek word ’n toevlugsoord. My sentrum bestaan uit ’n skool vir die straatkinders, insluitend kunste en handewerk.
’n Koshuis met ’n massiewe groentetuin wat deur skoliere en onderwysers in stand gehou word onder leiding van ’n aangestelde professionele tuinier. Sodoende bring ons die kinders effe weg van elektronika, versterk hul naelstring met Moeder Natuur; hul gaan eet uit hul eie tuin.
Natuurlik is daar sportfasiliteite, want ’n gesonde liggaam waarborg ’n gesonde gees. Die sentrum het ’n minikliniek met sy eie personeel, 70% pas gegradueerde mediese studente. Die koshuis het hotelskool-gegradueerdes met ongeskoolde vroue wat weet van kosmaak en huishou. Wat ’n gebalanseerde skaal; werk vir geskooldes én ongeskooldes met ondervinding. Dié met min ervaring maar met ’n passie vir kook, kry sommer sy opleiding in sy werk. Halleluja!
’n Sielkundige sal weekliks aanmeld om ons sielsvernielde kinders weer op die regte spoor te kry.
’n Saal vir opvoerings is nodig, want hier gaan verborge talente ontdek word.
My minse, dis my droom (en gebed).
As ons die ander “Rot”-gelde terugkry, is die volgende ’n soortgelyke sentrum vir haweloses, die flentersiele wat rus-rus gelap kan word tot hul volgroeid is vir herlewing.
Ek het my droom en ek hoop my landsleiers het elkeen ’n droom wat soos ons praat die lig sal sien.
Viva! my woestynland van pap en kaiings.
“I have a DREAM” .... Deo Volente...
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie