Vreugde en erns
Ek en my man was onlangs vir die eerste keer vanjaar aan diens by die kinderkerk.
Dit is vir ons heerlik en soms uitdagend met die kinders wat elkeen op hul eie manier graag wil aandag hê. Persoonlik is die heel lekkerste deel dat ek en my man dit saam kan aanbied. Die tweede lekkerste deel is om ’n pad saam met die kinders te kan stap.
En om hul verskillende persoonlikhede te leer ken. Om met daardie persoonlikhede saam te werk (soms meer geslaagd en soms minder) om die diens ’n sukses te probeer maak.
Die hele boek Job was sommer ons tema vir dié Sondag. Voorwaar ’n swaar onderwerp om met kinders te deel, maar daar is soveel oulike idees deesdae aanlyn beskikbaar dat dit werklik ’n fees is om voorbereiding vir die diens te doen.
Ons het ’n bietjie meer materiaal voorberei as waarvoor ons tyd voor gehad het – iets wat soms gebeur, maar ons het darem by die speletjie uitgekom wat veronderstel was om die “op”- en die “af”-tye in Job se lewe te simboliseer.
Die voorstel was dat die kinders in groepe van twee opgedeel word en elke span dan ’n handdoek kry sodat hulle voorwerpe (ons het plastiekballe gebruik) op hul handdoeke moes hop en nie moes laat val nie.
Soms slaag ons daarin om diep lesse met gepaste voorbeelde oor te dra.
Na die diens het my man die opmerking gemaak dat die les van die “op”- en die “af”-tye ietwat verlore gegaan het tussen die chaos van balle hop, balle verloor, balle gaan optel, spanmaats wat goed saamwerk en spanmaats wat nie so goed saamwerk nie.
Wat wel ’n sukses was, was die speletjie. Dit is tog heerlik om kinders in hul element dop te hou wanneer hulle besig is om te speel!
Job se storie kom met allerhande diep lesse. Soos hoe Job steeds die Here se naam geloof het al het die boodskappers hom so pas meegedeel dat sy skape en bokke, sy osse, sy kamele en sy donkies iets oorgekom het.
Meer nog, dat hy al sy kinders verloor het. Dat Job darem nie heeltemal sy ore uitgeleen het aan almal wat negatief was in die situasie nie, nie eens aan sy vrou nie. Al het Job se gemoed in daardie deel van die storie so ’n bietjie begin wankel.
God het Job êrens sommer direk aangespreek en gevra hoe hy Hom dan kan bevraagteken. Job was ook darem net mens. Maar ten minste ’n mens wat homself reggeruk het nadat hy deur die Allerhoogste, Almagtige, God ons Vader aangespreek is. Wat ’n voorreg.
Nou eers weer terug by die kinderkerk. Agter die soliede houtdeur na die kapel dring die gegil en gejil van die kinderkerk soms deur na die gemeente, glo ek, veral wanneer ’n bekommerde ouer by ons kom inloer.
Maar dit is net ’n kind wat die kuns verstaan om in die nasleep van gesteelde osse en skape en bokke wat deur weerlig doodgeslaan is, siekte en die dood van Job se kinders, soveel pret te kan hê met iets so eenvoudig soos ’n handdoek en ’n bal. O, die onskuld en die ongebreidelde genot van kinders.
Dankie Here vir die voorreg wat ek en my man het om iets wat vir ons belangrik is, soos geloof, met hierdie kinders te mag deel.
Dankie Here dat hulle vir ons leer dat vreugde en erns, suksesvol in een kerkuur kan saamwees.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie