Vreemder as fiksie
Terwyl die stof al (redelik) gaan lê het oor die Coldplay/Astronomer-“situasie”, is die nuutste dat Chris Martin se eksvrou, Gwyneth Paltrow, tydelik aangestel is om skakelwerk vir Astronomer te doen.
As jy die aanvanklike “situasie” misgeloop het, het dit verlede naweek vir honderde memes gesorg wat my kliphard laat lag het. En was dit nie lekker om oor almal se kwinkslae te giggel nie, al was dit ten koste van ’n CEO en ’n HR-hoof.
Gelukkig is daar ligter oomblike in ’n wêreld waar daar ongelukkig té gereeld oor negatiewe dinge gerapporteer word. Dit het my genoop om nog ’n paar te gaan soek. . . So hier is wat ek kon kry!
’n Vrou op die Miami Internasionale Lughawe het probeer om twee skilpaaie in haar bra te smokkel. Een het ongelukkig gevrek, maar die ander een is deur wildlewe-owerhede gered. Die Transportation Security Administration (TSA) het gemaan dat mense asseblief moet ophou om diere op vreemde plekke te probeer wegsteek.
Ons bly by skilpaaie: ’n Skilpad is in São Paulo gevind in wat vermoedelik ’n dwelmhuis was. Die dier het vreemde gedrag getoon en is vir toetse geneem. Veeartse dink die skilpad het dwelms ingeasem en ondergaan nou rehabilitasie.
Ons bly nog by diere: In Louisiana is ’n hoender deur plaaslike polisie “aangehou” nadat dit verskeie kere probeer het om by ’n kruidenierswinkel “in te breek”. Die polisie het die hoender na ’n plaas geneem en tong in die kies gesê die hoender is “sonder borgtog vrygelaat”.
Motoriste in Berlyn was geskok toe ’n volstruis op ’n besige snelweg verskyn het. Die voël, wat van ’n plaas ontsnap het, het vir ure die verkeer ontwrig voordat dit uiteindelik gevang is.
In nog “wilde nuus” is ’n binnelandse vlug in Australië met etlike ure vertraag nadat grondpersoneel ’n luislang in die onderstel van die vliegtuig ontdek het. Die slang het in die vliegtuig geseil terwyl dit oornag in Queensland gestaan het. ’n Slangkenner is ontbied om die reptiel veilig te verwyder, wat later in ’n nabygeleë natuurreservaat vrygelaat is.
In China het mense tot 888 yuan (sowat N$2 400) betaal vir grond wat van buite bekende banke soos die Bank of China versamel is. Die kopers is glo vertel dit sal vir hulle voorspoed bring. Sommige verkopers het selfs video’s geneem as bewys van waar die grond opgetel is.
Ook in China het ’n hele klomp geboue oornag in die Gobiwoestyn opgeskiet, vermoedelik vir ’n filmstel. Maar plaaslike inwoners, wat niks van die projek geweet het nie, glo dis deel van iets geheimsinnigs – van geheime militêre toetse tot buiteruimtelike aktiwiteite.
In Peru beweer ’n man dat ’n antieke mummie sy “sielsgenoot” is, terwyl ’n aanhanger van ’n popster in Japan besluit het om sy toewyding aan haar te bewys deur ’n troue met ’n lewensgroote kartonuitknipsel van haar te hou.
Ons is nogsteeds in Japan: ’n Kettingwinkel moes waatlemoene herroep nadat verskeie op winkelrakke begin ontplof het. Video’s wys hoe die vrugte onverwags bars, met sap en pitte wat oral spat. Blykbaar is dit óf veroorsaak omdat dit oorryp was, óf dit is aan uiterste temperatuurveranderinge blootgestel, wat veroorsaak het dat gas in die waatlemoen opbou. Geen beserings is aangemeld nie.
En ten slotte: NEOGamma, ’n robotkelner van Noorweë beweeg stilletjies (net 10 desibel!) rond, dra ’n sagte pak om meer soos ’n mens te lyk en reageer op stemopdragte om tee te bedien, skoon te maak of te stofsuig.
Daar het julle dit liewe lesers! Van volstruise, skilpaaie en slange tot erg verliefdes en robotte, daar is darem ’n paar ligter oomblike in die nuuswêreld ook!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie