Vrede
Wat beteken vrede vir ons? Is dit die besef om nie onsself vir die verlede te straf nie, maar om onsself met die toekoms te begin vertrou?
Hoeveel keer wonder ons nie wat gaan gebeur, wat kan gebeur en wanneer gaan dit gebeur nie? Of voel ons soms die wêreld se struikelblokke beroof ons van ware vrede?
Die woordeboek verwys na vrede as vryheid van, of die beëindiging van enige konflik of onenigheid; of ’n wapenstilstand wat ’n tydelike ruskans van oorlog bring; rustigheid; stilte en kalmte.
Elkeen van ons smag na hierdie beskrywing van vrede, maar die lewenspaadjie sal altyd vol kronkelpaaie en draaie wees. Vrede is kosbaar en van onskatbare waarde. Om volkome vrede in gees en vlees te hê, moet ons verander – ons kan verander! Wanneer seer soos rou, trauma, verlies en konflik ons vrede steel, raak ons vasgevang in ’n donker wêreld van angs en vrees. Ons bekommer ons oor dinge in die verlede, en stres oor die dag van môre, en dit steel ons krag vir vandag. Maar ons raak ook sterker en wyser en leer uit die dinge wat ons van vrede beroof.
Maak vrede jou eerste prioriteit. Wanneer ons werklik in vrede leef, bring ons ook vrede vir diegene rondom ons. Ons moet stil raak, hoe stiller ons raak, hoe meer kan ons hoor. In die stilte vind ons helderheid en wysheid.
Daardie stil oomblikke bring groei en genesing. Dit is in die stilte waar ons gees droom van verwondering en vernuwing. Ons vind vrede nie wanneer alles perfek is nie, maar wanneer ons leer om met die onvermydelike en ondenkbare hartseer van die lewe saam te leef. Een van die gelukkigste oomblikke in ons lewens is wanneer ons die krag vind om te laat gaan wat ons nie kan verander nie. Ons innerlike vrede begin die oomblik sodra ons denke en emosies nie meer ons lewens beheer nie. In die lewe verloor ons baie dinge, maar ons moet nooit hoop verloor nie. Ons moet die stil plek in ons gees en vlees vind wat die standvastigheid van Goddelike liefde uitstraal. Laat daardie liefde ons wesens vul en ons gemoed kalmeer. Ons sal ’n stil skuiling vind in hierdie innerlike heiligdom van vrede. Maak nie saak wat gebeur nie, ons moet onsself vertrou om te volhard, en dat ons volkome vertroue het in ons vermoëns om die lewe se probleme te konfronteer en uiteindelik te oorkom. Almal van ons worstel daagliks met konflik, teleurstellings en lyding, maar dit hoef nie ons geluk en vrede te steel nie.
’n Vreedsame hart is nie een sonder uitdagings nie, dit is een wat liefde en vergifnis bo woede en wraak kies. Vrede is ’n keuse, ’n leefwyse, en met elke tree van liefde, geduld, goedhartigheid, nederigheid en getrouheid, bring dit ons nader aan ’n lewe van harmonie.
Kom ons maak ons oë toe en luister. Ons vrede leef in die dans van die reën, die fluister van die wind, die gesels van die voëls en die glimlag van die son.
Die son is ’n wonderlike leermeester van die lewe. Wanneer dit ondergaan, bring dit vrede en wanneer dit opkom, bring dit hoop. Kom ons staan elke oggend op soos die son, met strale van vriendelikheid, en omhels elke oomblik met dankbaarheid.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie