Vrede wat alle verstand te bowe gaan
Wiesie Kotzé – Ek gesels vandag met julle vanaf die ander kant van ’n groot hartseer. Ons het onlangs ’n redelik intieme dood in die familie gehad en vind nog ons voete. Maar dit is nie waaroor ek wil praat nie.
Hoeveel mense ken ons wat die lewe teen die grond neergevel het; weens die dood, verbrokkelende huwelike, werksverliese, siekte en of ander dinge. Verstaan asseblief dat ek net ’n kenner is op sommige van die gebiede en nie almal nie, maar ek wil graag aan julle die volgende gedagte of vraag stel: Wat is elkeen van ons se onderskeie reaksies of maniere om sulke situasies te hanteer? Gaan sit jy op ’n hopie en bejammer jouself? Is jy vir ewig die een wat verneuk het, of op wie daar verneuk is? Die een wie se broer vermoor is? Die een wie se huweliksmaat of kind aan kanker dood is? Bou jy vorentoe jou identiteit op dít wat met jou gebeur het?
Baie van ons is geneig om dit te doen. Iemand van wie ek gehoor het, het dit so gestel: ’n Parkeerarea is ’n wonderlike plek om ’n motor te los wanneer ’n mens inkopies gaan doen, maar jy maak nie jouself tuis en begin om jou huis daar op te rig nie.
Hartseer, lyding, siekte, die dood en rou is net so deel van die lewe as vreugde, gesondheid en tevredenheid. Die werklikheid is dat ons nie by enigeen van hulle kan begin huis opsit nie, omdat dit fluktureer. Selfs al kom dit in jou lewe voor, kan die lewe onmoontlik by enige van hulle permanent gaan stilstaan.
Terwyl ek skryf word ek onderbreek deur ’n man wat aan ons voordeur klop om geld vir die mense van Groot Aub in te samel.
Minderbevoorregtes en oumense wat sy 14-jarige dogter probeer ondersteun en voed. Hulle poog om ’n welsynsorganisasie te stig en die aansoek vorm kry glo elke keer voete voor die organisasie gestig kan word. Hy vertel my dat die projek glo verlede week in die koerant was. Ek het nie die koerant verlede week gelees nie, ek het ander krisisse gehad.
Ons is baie keer skepties wanneer iemand geld by jou voordeur kom insamel. Dié keer het ons iets bygedra en ons bid dat dit nie ’n swendelary is nie. As enigiemand meer inligting oor die projek het, laat weet gerus, dalk kan ons verder help met die bewusmaking daarvan, indien dit ’n werklike en wettige projek is.
Ons bepaal self waar ons ons huis opsit. Waar ons vashaak en wat ons identiteit gaan wees nadat die lewe ons met rampe gepeper het. Ons kan steeds gebukkend gaan of ons kan besluit om te veg vir dit wat goed en reg is.
Om nie toe te laat dat ons vir ewig vasklou aan die slegte dinge wat met ons gebeur het nie. Want glo my, daar is by verre beter dinge om aan vas te klou. Groter dinge. Dinge wat meer troos bied. Dinge wat nie van hierdie wêreld is nie. En uit persoonlike ondervinding kan ek julle vertel dat daar Een is wat vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Ek wens voorspoed vir julle, al gaan dit soms swaar.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie