Voetnota tot Paasfees
Ek is vanjaar nog nie heeltemal klaar met die bogenoemde onderwerp nie.
Wat beteken Paasfees vir jou persoonlik?
Laasjaar het Paasfees vir ons as huisgesin ’n tyd van blydskap en hoop begin word toe dit na Mari se dood vir ons die hoop uitgebeeld het dat ons haar eendag weer sal sien. Die boom wat ons vir haar geplant het, het ook oor Paasnaweek ’n enkele pienk blommetjie opgelewer.
Een van my vriendinne het die volgende op Facebook oor Paasnaweek gesê: (Dit was kommentaar onder ’n foto van haar saam met haar man en hul twee seuns – ek parafraseer).
“Die gedagte om jou seun op te offer vir ander is vir enige ouer ’n onmoontlike ding. Dis hoekom dit net God is wat so iets sou kon doen.”
My man het ook oor Paasnaweek ’n video (al ’n ouer video) met my gedeel van die getuienis van die man wat ’n ontmoeting met Jesus gehad het terwyl hy in die hospitaal was met Covid.
Dit is lank en daar is baie belangrike dinge wat gedeel word. Jesus het vir die man gesê hy moet terugkeer na die lewe toe en vir ander van Jesus gaan vertel. Nie van Jesus ons “best buddy” nie. Nie, “ag Jesus, help my gou, ek het vergeet om brandstof in my motor te gooi nie”. Hy moes ons vertel van Jesus Christus, die Almagtige.
Jesus het vir hom gesê ons mense vergeet dat hy, wat Jesus is, almagtig is. Ons vra te maklik, “Jesus, help my gou met hierdie dinge wat volgens MY wil is, asb”. Ons vergeet om te vra dat SY wil moet geskied. Dat ons volgens SY wil moet lewe en dat ons moet vra daarna en na wat SY wil is.
Hierdie boodskap was vir my so ’n lekker duidelike stem van rigting in die geharwar van stemme van bemarking, sosiale media, e-posse, WhatsApps, LinkedIn en al die ander stemme wat daagliks so kliphard in ons onderbewussyn skree. Die ander stemme trek ’n mens dan hierna toe en dan daarnatoe sodat ’n mens in 1 000 verskillende rigtings getrek word, waarvan nie een werklik vorentoe is nie. Die Jesus-stem was vir my persoonlik ’n lekker sterk tree vorentoe, uit die geruk en pluk van die aldag.
Ek bid dat dit vir enige lesers ook van waarde kan wees. Laat weet gerus, ek kan die video aanstuur indien iemand belangstel.
Groete tot volgende keer.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie