Vlieg die lekker lewe
Sê maar net 30 jaar gelede
Daar is al baie oor die ydelheid van die mens gespekuleer in tydskrifte en toesprake. In elke koerant of tydskrif se briewekolom lees ’n mens maar altyd van dié een wat nie tevrede is met sy krom neus nie of van daardie een wat se boude weer te veel hang.
Dit is egter so dat die menslike ydelheid altyd met ons sal wees.
Nou wil ek vandag ook dié stoute skoene aantrek namens al die ander wat net soos ek voel. Ek het al baie dae gewonder hoe dit sou voel om ’n voëltjie te wees op hierdie ou aarde van ons. Die enigste voorwaarde is egter dat daar dan ook nie jong laaities sal wees met ketties en windbukse nie en dat alle katte (die vierpotiges) eerder pap as vleis sal eet.
Ek kan sommer aan baie dinge dink wat lekkerder sal wees as nou.
Eerstens sal ek myself nie vroegoggend uit die bed hoef te sleep om betyds by die werk te wees nie. Geen geskeerdery om darem aanvaarbaar vir die baas te wees nie.
Tweedens sal ek nie nodig hê om my swaarverdiende geld in die vorm van inkomstebelasting aan die rondritsendes te gee nie. Dit nogal nadat ’n mens jou dag vir dag en aand vir aand afsloof om net die wolf van die deur af te hou.
Derdens sal ek myself nie oor ’n mik sweet in die warm son nie. Kry ek warm, kan ek myself gaan afkoel in die visdammetjie voor Staatshuis. Dit sal seker ook die enigste keer wees dat ek iets op staatskoste sal kan doen.
Ek sal ook nie nodig hê om my by die werk te steur aan die gelui van al die telefone nie. Ek sal maar daar in die binnehof op een van Lill se palms sit en kyk hoe “suffer” ou Chris om al die navrae te beantwoord.
Nog ’n voordeel sal wees dat ek dan sal weet wat in die land aangaan voordat Chris Jacobie dit weet. Terwyl hy van bos tot bos moet sluip om te hoor wat mnr. Tsheehama se manne gesels of wat mnr. Gorelick by die NBC doen, kan ek rustig en gemaklik so te sê op hul skouers sit en eerstehandse inligting kry. As iemand my dan leer praat, kan ek natuurlik altyd Chris se troeteldier word.
Dit sal baie beslis ook makliker wees om Windhoek se bestuurders te ontglip. Ek sal ook nie nodig hê om van my huis tot by die werk dertig keer hel toe te gaan nie. Vlieg ’n ou voor my in, sing ek net Tweedle Dee Tweedle Dum en gaan soek ’n wurmpie.
Miskien raak ek nou te vergesog. Vlieg sal ek tog nooit kan nie, want die ou boepie begin reeds wys. Inkomstebelasting sal ek maar moet betaal, want ek verstaan die voëlryk het ook ’n Ontvanger van Inkomste. Die warmte sal darem ook binnekort wyk, want, so verstaan ek, die profete wat reën vir vanjaar voorspel het, het ook voorspel dat die Auasberge vanjaar toe onder die sneeu gaan wees. Oor wat by Staatsveiligheid en die NBC aangaan, stel ek eintlik ook nie in belang nie, want ek het genoeg van my eie probleme. Ek verstaan ook dat die verkeer in Windhoek teen die einde van die jaar baie beter gaan wees, omdat die ouens wat mekaar wou stamp, dan klaar hul griewe uitgesorteer sal hê. - 9 Maart 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie