Uit die mond van ‘n bergie
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Aan sy klaaglied by die hek was hy kenbaar. Oerie het weer kom kuier. Hy brom oor die slot wat oop, maar stram is en oor die sukkel-sleep van ’n voortydse hek terwyl die moderne al elektroniese stelsels gebring het.
Hy mompel iets oor olie en ghries en maak beswaar teen die koue, die munisipaliteit, die draadloos en die spoorweë. Vra hom nie meer na sy besoek nie, want dit is weer ’n tiende van my tiende. Vra hom wel na sy late. Die antwoord kom verrassend vriendelik: “Doen weer wat ek kan, waarin ek geoefen is. Weer werkloos, weer op die outers.”
Steek hom met ’n vragie: “En die bestuurspos waarvan jy paslede gepraat het? Wat het geword?”
“Dis juis die wat ek jou vir al jou gawes kom vergoed met die goud van die lewe. Sê toe mos nee, nie daai joppie vir my nie. Dan eerder terug na die strate en die parkies en die voorhowe van hierdie groot inkoopsentrums.” Sonder om gepor te word, gaan hy aan.
“Dit was nie wat die maatskappy verwag het nie. Dit was my eie toets wat ek nie deurgekom het nie. Ek het mos my eie opvatting van wat ’n baas moet wees.
“Eerste kom ek by gesag. Ek sê aan ’n baas moet absolute gesag toegeken word. Dis maklik. Wat nie so maklik is nie, is om hierdie gesag uit te oefen. Ons dink dit moet die harde en die maklike manier wees. Dit is verkeerd. Absolute gesag moet met ’n sagte hand ingesmeer word. Anders is dit nie gesag nie.
“En van gesag gepraat. Jy kan ’n man met gesag beklee, maar nie met respek nie. Dis die ontbrekende gedeelte waarvoor die bestuurder self moet sorg. Die twee gaan hand aan hand soos melk by die koffie.
Die toe daar wat ek begin wonder. Om die baas te wees, is nie so erg nie, maar om die ander goed in te roer, kan oorgaan in oorgawe. Dan’s jy nie meer ’n baas nie. Kry jy dit egter reg om met waardigheid te buig, kom die ander goed vanself.
“Toe sê ek al klaar dis nie vir my nie.
“Trek ek ’n streep deur my naam, kan dit maar ’n dik streep wees. Dis toe dat ek aan die ander goed dink. Goed soos die kuns om te weier. Dis die nee wat gesê moet word sonder om aanstaat aan die vraer te gee.
“Dan is daar die ander ding wat hiermee saamgaan. Elke bestuurder is ook maar mens – mens wat van die een mens hou en van die ander minder. Maar elkeen van daardie onderdane moet as gelykes voor jou verskyn. Jy moet amper so ’n gevoellose warmte wys.
“Ewe moeilik is dit om nie te verbroeder met dié van wie jy hou nie. Die afstande tussen die wit- en bruinbroodjies moet dieselfde bly.
“Dis toe dat ek sê nee, nie vir hierdie Oerie nie ...”
Ek kry ’n woordjie in. “Dis darem tawwe eise wat jy stel. As jy aan al hierdie goed moet voldoen, as jy dit as norm stel, gaan daar geen baas wees nie.”
“Nee, daar sal,” sê Oerie. “Ook in die eksamen van die lewe is daar ’n slaagpunt. Dit hoef nie honderd persent te wees nie.
“Geen mens is goed nie, maar almal streef daarna. Solank die strewe daar is, is daar klaar gevorder. Onthou altyd om jou ideale met jou vermoëns te versoen.
Ek ken van swerf en die swaarkry wat dit bring, maar ek ken ook die vryheid wat dit dra.”
Ons stap in. “Hoeveel is dit vandag, Oerie?”
Ek voel lus om breed te gee. – 9 Junie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie