Theresa van Zyl
Theresa van Zyl

Tyd om tot siens te sê

Sanet Pearson
Theresa van Zyl – In Julie het ek hulde gebring aan ’n sielsgenoot. Vandag is dit my voorreg om ’n kosbare vrou met jou te deel. Dalk ken jy haar, dalk gaan jy ook in hierdie week by haar begrafnis wees. Maar, al doen jy nie, ontmoet haar tussen die lyne en gedagte flarde van woorde wat ver te ontoereikend is om die weelde vas te vang wat in my hart lê en vanoggend in my trane weerkaats. En, as daar so ’n iemand in jou lewe is, koester haar, waardeer haar en bestee tyd saam met haar . . . terwyl jy nog kan.

In hierdie week gaan ons die trappies opstap en in die gladde kerkbanke inskuif met die wete: Dis tyd om tot siens te sê. ’n Groep uiteenlopende mense saamgebring in ’n kerk vir ’n begrafnisdiens. Maar, daar is een gedagte, een band en een verlies wat ons sal saambind. . .

En dít is Magda.

Magda. ’n Vyfletter-naam vir ’n vrou wat alles-in-een was. . . ’n Lewensmaat, ’n ma, ’n ouma, ’n suster, ’n vriendin, ’n mentor, ’n veilige hawe teen die storms van die lewe – ’n tydlose juweel in ons tydelike bestaan. Sy het elkeen van ons se lewens op haar stil manier aangeraak, volgemaak en onherroeplik verbeter.

Magda het ’n rol gespeel in die mens wat elkeen van ons wat hierdie verlies deel, geword het. Net jý sal weet watter inset sy in jou lewe, jou hantering van probleme, jou uitkyk op die lewe, selfs die vorming van jou persoonlikheid gehad het.

En nou is sy nie meer hier nie. Ons kan haar nie bel, SMS of WhatsApp nie. Ons kan nie gou inhardloop vir ’n vinnige koffie nie. Niemand gaan ooit weer na jou kyk of luister soos sý het nie. Haar parfuum gaan nie weer om jou dwaal nie en jy gaan nie weer in haar oё van onbaatsugtige liefde kan kyk en voel jy word werklik ráákgesien nie.

Nooit weer nie. . . En dis seer. Dis leeg.

Die lewe is skielik ánders sonder haar, al was dit net die siel-salwende wete dat sy dáár is – net ’n oproep, ’n paar minute, of ’n paar uur ver. . . Maar weet jy wat? Sý lééf vóórt – in jou en in my wat haar geken het.

Die grootste eer en geluk wat jy aan haar kan bring, is om aan te hou met lewe. Léwe so goed en so voluit as wat jy kan. . . terwýl jy kan. Neem dít wat jy by haar geleer het, in haar bewonder het, by haar gesien het en leef dit uit. Deel Magda se groot, goue omgee-hart met elkeen wat oor jou lewenspad kom.

En – sy is nie wég nie, want sy word onthou. Jy kan oral flentertjies van Magda se vreugdes aanhou geniet, as jy net kyk en luister en voel . . . ’n String glinsterende pêrels, ’n keurige blommerangskikking met lelies tussen-in, die wind se ritseling deur die blaredos van ’n boom, roos-struike wat vol en veelkleurig in blom staan, die koel verfrissing van reёn, die vreugde van ’n goeie boek, die klik van breinaalde, die reuk van natgrond, pannekoek en Sondagmiddagete.

Dis onbeperk. Dis tydloos en dis dáár. Soos sý. Kyk net met jou siel en luister met jou hart .

En nou, die hoogtepunt is woorde deur Magda sélf geskryf en bewaar in ’n dagboek. Tot vandag. Tot nou. Vir elkeen van ons om saam te vat:

“ Wanneer jy ’n besluit moet neem, dink aan jou kinders en aan jou gemoedstoestand. . . En sodra jy tot ’n besluit gekom het, hou op om te redeneer oor wat was en gaan wees. Berus en laat gaan. Onthou, God sal nie iets op jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie.”

– Gasspreker – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%