Tyd
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Jy sal moet tyd maak om die gefluister van die wind in die gras te hoor. . .
Om te koor dans inni reent. . .
Om danke te sê virri emmers seën van Bo
Tyd sal altyd daar wees vir mekaar
Dag op dag en jaar na jaar
G’n kwade gevoelens oë na Bo
Amen ja Amen in God ons glo
Tyd sal jy moet maak om danke te sê virri son wat opkom
Glimlag vir God se genade oor jou
’n Glimlag warm soos God se mooi natuur jou om-arm
Tyd gee vir ons liefde, vreugde en vrede
Tyd leer vir ons om met geduld te wag
Dankbaar vir tyd en God’s krag
Glimlag virri wind in jou jare
Tyd gee silwer en wysheid in jou jare


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie