Toorkultuur in sy maai
SMN 30 jaar gelede
In Namibië is dit lankal onwettig vir iemand om toordery te beoefen of iemand van toordery te beskuldig.
Al wat volgens die hof gebeur het, is dat hierdie wet nooit toegepas is nie, maar nou toegepas gaan word – veral weens die abnormale voorkoms van moord op towenaars en hekse wat die gramskap van getoordes op die hals haal.
Dat toordery in Namibië ’n feit is, is gewis.
Daar kan onmoontlik ’n ander verklaring vir die onverklaarbaarste verskynsels wees waarvoor mense byna op ’n daaglikse grondslag te staan kom.
Werknemers raak ongesteld omdat “hulle die naweek op onverklaarbare wyse getoor geraak het”.
Danksy die wet kan die towenaar voortaan aangekla word, maar terselfdertyd mag niemand van toorkuns beskuldig word nie.
Die groot towenaars – Karriepot, Tombodrom en Punya-Punya – mag blykbaar nie geïdentifiseer word nie, maar kan vervolg word.
Dit kos nie ’n vreeslik slim man om uit te werk wat die gevolge van die wet gaan wees nie.
Daar is nou ’n nuwe deuntjie op die mark en dit sal nie lank neem vir werkgewers om ook as towenaars in die hof beskuldig te staan nie. Dit is heel moontlik dat ’n werkgewer aangekla kan word omdat die “pay” van die werkers die naweek weggetoor is.
Getuienis wat aangevoer kan word, is dat die werker sy salaris ontvang het, ’n paar draaie in die dorp gegooi het en besluit het om by ’n “cuca shop” sy oom te gaan groet. Dit is hier waar die hekke van die hel vir die werker oopgetrek is, want die laaste wat hy kan onthou, is dat hy ’n bottel Owambolique gekoop het en eers ná drie dae sy bewussyn herwin het. Met hierdie terugkeer tot die hede sou hy ontdek het dat sy salaris weg is en die enigste verklaring is dat hy getoor moes gewees het deur die een wat sy geld wou terughê.
Dat toordery by die arsenaal van verklarings vir vreemde gedrag gevoeg kan word, is ontstellend.
Vir alles in die land is daar al ’n kameel op wie se rug verskonings gepak kan word en dat towenaars, hekse en kulkunstenaars nou ook in die prentjie kom, is ’n uitnodiging tot rampspoed.
Die oupas wat geld in hul ore laat verdwyn om kleinkinders te vermaak, sal hul toertjies moet beperk tot die binnekamers.
Die belastinggaarder kan dalk nou soek na dit wat weggetoor is. Of die verkeerde man kan hierdie toertjie sien en oupa kan die res van sy lewe op aarde in die tronk deurbring. Dit is waarskynlik ook die einde van Martino, en Walter en die Wonderman.
Daar is darem voordele ook.
Uiteindelik sal die toorkultuur weens die afwesigheid van towenaars verdwyn en in die volgende eeu sal dit saam met die ander tradisionele verskonings van die aardbol verdwyn. Dat dit tyd sal neem, is gewis, want ná ses jaar van onafhanklikheid word steeds gesoek na die kolonialiste en hoe minder hulle word, hoe meer word op hierdie onbekende seksie van die Namibiese samelewing geplaas.
Op die ou einde sal daar ’n soort super-towenaar ontstaan wat die blaam vir alles moet dra, maar wat so vernuftig is dat niemand hom kan identifiseer nie.
Byna soos die student wat onder elke vraag geskryf het dat die duiwel alleen weet wat die antwoord is.
Die dosent het op die vraestel, waarvoor die student nul gekry het, aangedui dat die duiwel deurgekom het en hy dop. Oor baie van die beskuldigdes gaan dit ook nog waar word. – 4 Julie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie