Terugskouend
Ek besef nou ek moes destyds anders opgetree het, al het dit op daardie oomblik reg gevoel.
Dis een van daardie insigte wat jou nie dramaties soos ’n weerligstraal tref nie, maar stadig beweeg, soos ’n rekening wat jy al lankal moes betaal het.
In daardie stadium was ek oortuig dat ek die regte ding doen. Nie net halfpad reg nie, nee, heeltemal, onbetwisbaar, amper heldhaftig reg.
As iemand my toe gewaarsku het, sou ek waarskynlik net vriendelik geglimlag en gedink het: Julle sal nog sien. Wel, ék het gesien.
Destyds het alles sin gemaak. Die besluit, die houding, die manier waarop ek opgetree het, het perfek in my kop gepas by die prentjie wat ek vir myself geskep het.
Ek het myself gerusgestel met logika wat nou terugskouend effens kreatief klink. Maar toe? Toe was dit waterdig.
Ek het nie gedink ek was roekeloos nie; ek het gedink ek was dapper. Nie hardkoppig nie; net standvastig. Nie verkeerd nie; net voor my tyd.
Nou, met die luukse van afstand en ’n bietjie nederigheid, kan ek sien waar dinge skeefgeloop het. Ek kan sien waar ek eerder moes geluister het as gepraat het, gedink het eerder as om te reageer en dalk net vir vyf minute stilgebly het.
Maar kom ons wees eerlik: as ek toe geweet het wat ek nou weet, sou ek nie in daardie situasie gewees het nie. Dis hoe ondervinding werk, jy kry eers die les ná die eksamen. Daar is ’n sekere ironie daarin om terug te kyk en te besef hoe seker jy was, en hoe verkeerd dit uitgedraai het.
Dit maak jou nie noodwendig bitter nie, maar dit hou jou nederig. Ek lag selfs soms daaroor, want as ek dit nie doen nie, gaan ek waarskynlik net my kop skud en sug. En dis ook nie baie produktief nie.
So ja, ek erken dit, ek moes anders opgetree het. Nie omdat ek toe slegte bedoelings gehad het nie, maar aangesien ek toe nie van beter geweet het nie.
Vandag weet ek meer, ek sien verder en hopelik tree ek bietjie wyser op. Môre? Wel, wie weet. Miskien sit ek oor ’n paar jaar weer en skryf iets soortgelyks.
Spreek lewe oor jouself elke liewe dag, elke oggend wat jy wakker word en deur elke fase van jou lewe.
Verklaar wat jy wil hê, wie jy word, wie en wat jy inlaat. Hou op om nederlae, gebreke en beperkings oor jouself te spreek.
Spreek eerder oorvloed. Spreek krag. Spreek moontlikhede. Spreek gemak. Spreek vreugde, skoonheid en verwondering.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie