Tanja Bause
Tanja Bause

Streef daarna om ’n beter mens te wees

Sê Maar Net
Tanja Bause
Mag ons in die nuwe jaar daarna streef om beter mense te wees. Om meer om te gee vir mekaar, die natuur en diere, ons land en die wêreld. Mag ons daarna streef om meer vir ander te doen, te help waar en hoe ons kan en in geheel meer verdraagsaam te wees, meer te vergewe, minder te oordeel en om net eenvoudig beter mense te wees.

Ek het vanjaar oor talle mense geskryf en besluit dat ek hulle voorbeeld vir volgende jaar wil volg. Al is dit net ’n bietjie, sal ek daarna streef om meer soos hulle te wees.

Hier volg hulle en wat hulle so merkwaardig maak (in geen spesifieke volgorde nie):

Maggi Ackerman

Sy is die eienaar van Fork ’n Nice in Swakopmund. Sy gee ’n gratis roomys of koffie vir mense wat ’n emmer vol rommel bring.

Volgens haar staan die trok al vir die afgelope agt jaar op dieselfde plek langs die see en sy het gesien hoe die stand stelselmatig vuiler word. Pleks daarvan om die morsjorse te beskuldig of oor die munisipaliteit te kla, het sy besluit om die Rommel vir Roomys-veldtog te begin. Sy het ’n probleem gesien en ’n oplossing gevind. Ek wil ook nie in ’n probleem vaskyk nie.

Maria Maasdorp (89)

Ouma Maria is nooit skool toe nie. Sy het van kleins af kaalvoet skape en bokke opgepas. Sy het op haar eie by ’n veepos aan twee van haar seuns geboorte geskenk. Toe sy agt maande swanger was, het sy amper in die Visrivier verdink omdat sy die ooi en lam aan die ander kant wou red. Almal het die sage oorleef. Deur dit alles het sy ’n vroedvrou geword en 104 babas gevang. Sy het geleer hoe om kruie en natuurlike plante te gebruik en talle mense in en om Duineveld gehelp.

Ouma Maria het nie toegelaat dat haar arm grootwordjare haar terughou nie. Sy het geleer om te lees en skryf en op die hoë ouderdom van 89 sit sy nog steeds nie vir ’n dag stil nie. Die konsep van “ek kan nie” bestaan nie in dié merkwaardige vrou se woordeskat nie. Ek wil nie sê “ek kan nie” of “dis te moeilik” nie. Ek kan en ek wil.

Aletta Kock

Sy is die stigter van Ignite Dance Company het gesê: “Die lewe is kort en jy moet die beste daarvan maak. As jy iets doen, doen dit voluit en geniet dit. Ons is baie vasgevang in werk toe gaan, huis toe gaan, die ekonomie is swak, kos en brandstof word ál duurder en deur dit alles vergeet ons om te lewe. Dans maak vry, want so lank as wat die liedjie speel, vergeet jy van enige verantwoordelikhede en probleme – jy is net vry en kan net jy wees.”

Ek wil, soos sy, die lewe elke dag voluit leef en geniet. Ons is net vir ’n baie kort wyle hier en ons is dit aan onsself verskuldig om elke dag te lewe.

Clara Baitsewe

In 1988 het sy haar eerste ses maande oue baba gekry en sy het nooit teruggekyk nie. Nou het sy 33 kinders in haar sorg by haar in haar Vision Care Organisation. In haar eie woorde: “Hierdie is nie ’n weeshuis nie, dit is ons huis. ‘Wees’ beteken ook nie jy is laer as ander nie. Dit is net omstandighede wat jou tot hier gebring het en nou het jy ’n baie groot familie wat lief is vir jou.”

Ek wil, soos Clara, nie mense weens hulle omstandighede oordeel nie. My voorneme is om volgende jaar mense nog minder te oordeel. Ek sal niemand oordeel oor hulle seksualiteit, hulle godsdienstige oortuigings of hoe hulle lyk, praat of aantrek nie. In geheel wil ek minder oordeel – dit is nie my werk nie en ons almal sal eendag in elk geval deur ’n hoër wese geoordeel word.

Hierdie is slegs ’n druppel in die emmer van mense wat ons almal behoort te inspireer om beter te wees. Om minder te kla en meer te doen, al is dit moeiliker en meer werk. Om minder klippe na mense te gooi, veral as die mense se doen en late geen impak op jou lewe het nie. Om meer verdragsaam teenoor mekaar te wees en vriendeliker en geduldiger met mense te wees wat dit verdien.

- [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%