Theresa van Zyl
Theresa van Zyl

Sopstories

Theresa van Zyl – Die seisoene stap aan, volg die een op die ander.

Somer het ryp geword, ontplof in haelstorms en afgekoel in laat reёns.

Vroegherfs het ons kom stroop van alles wat pronk of sieraad was en verwissel nou blare tot laatherfs se juweelkleure van oranjes en roesbruine wat die oorheersende kwaskleure is op Namibiё se natuurpalet. Winter begin inrol oor die berge en stuif in bibberwasems neer op stede, dorpe, plase, diere en mense. Die droё geur van wintersgras hang in die yl namiddag lug en kleef aan sonkolle wat wegkruipertjie speel tussen blare wat nog vir oulaas vaskleef aan leegwordende takke voordat dit neerfladder op ’n droё blaarmat van die vergange somer.

Die son lig soggens sy verblindende kop al later om bo die berge uit te loer oor die oggendverkeer waar ons beweeg in die rooiliggie-trein werk toe, skool toe, iewers heen waar die dag se plig roep. Skoolkinders speel met die blaas van rookagtige wasemwolkies uit getuite lippe, vingers word gretig om warm koppies koffie gevou en serpe, warm sokkies en handskoene is skielik hoog op die gewildheidslys van klerekeuses.

Op plase kruip lammertjies styf teen hulle mammas se warm wollyfies vas en die melk stoom soos dit in wit strome die koue emmer volmaak. Gras kraak onder skoene van nanag ryp en oral staan mense kouelik om vuurtjies en hande vryf, die houtbrand reuk van donkies wat warm water maak vir stort en skottelgoed en sommer hande ontvries wanneer jy van die skaap- of bok- of beeskraal af indraf huistoe. Net die hoender se wekker volg nie die son se later baan nie en sy kraai klief deur oggendkoue om die belofte van ’n kokende ketel of roggelende perkuleerder aan te kondig saam met die opstaan en uitrek en groet van nog ’n nuwe dag.

En hier kom ons nou by die sopstories. Elkeen van ons het ’n sop-herinnering van iewers in ons kinder- of jonglewe. Dalk ouma se plaas- of stadskombuis waar die geur van warm sop jou soos ’n snoesige kombers omvou het waar jy koud van buite af ingekom het. Haar glimlag net so verwelkomend soos die stomende pot sop wat in ’n simfonie van geur jou hele menswees omvou het. Dalk jou ma se sop, pruttend op die stoof in die kombuis ewe warm van liefde as van die potte se kosgeur. Ertjiesop met spek of ringetjies wors in, boontjiesop met skaapvleis, aartappelsop, aspersiesop, botterskorsiesop, hoendersop, tamatiesop. Daar is ’n sop in elke winter, in elke storie, in elke kind se onthou-wêreld. En wanneer jy groot geword het, bly die sop-wintersoomblikke soos ’n kleinnood in jou gedagtes en woel elke winter los met ’n koppie of bakkie sop voor jou. Snye brood in repies gesny daarby, ’n soplepel of ’n paplepel of ’n poedinglepel. Maak nie saak nie, ’n lepel is ’n lepel – solank die sop net geurig en warm en liplek-lekker in jou mond kom om jou binneste warm en vol te maak. Daar is ’n herinnering in elke geur, ’n oomblik se saamvat die lewe in, selfs in grys jare bly sop ’n bron van verkwikking en versterking want dit voed die hart van onthou saam met die lyf se ryp word, die kop se tevrede glimlag oor die herleef van ’n jeugdige oomblik.

Hoe lyk dit? Wie gaan vanaand sop maak? Saam kuier in die kombuis terwyl die sop soos ’n kunswerk ontwikkel op die stoof en sy prentjies teken in geure en uitsien na die oomblik wanneer daardie bakkie warm-uitnodigend voor jou staan. ’n Gesin om ’n tafel, saam eet en saam gesels oor die dag se dinge. Die tegnologie vergete vir ’n rukkie, want dis soptyd, deeltyd, saamweestyd. En as jy alleen gaan sit met jou bakkie of koppie sop, het jy die warm heerlikheid om jou lyf en kop te vul met tevredenheid en onthou en weet: Winter en sop gaan saam soos jy en jou herinneringe en kosbare onthou-prentjies in jou kop.

En weet jy wat? Jou leefwêreld is joune, jou gedagtes is joune en jou herinneringe is joune. Soos jou volgende bakkie sop. Neem jou sopoomblik en geniet dit met jou hele wese. Asem die sop-heerlikheid in, proe die volronde tekstuur op jou tong en voel hoe dit jou mond, jou keel, jou lyf warm maak saam met die smaak en die geur en die eenmaligheid daarvan. Of jy jou sop eet aan die tafel, voor die TV, in ’n siekbed of op jou skoot, maak dit ’n oomblik waarin jy besef dat hierdie sop, maak nie saak sy geur, kleur, dikte of tekstuur nie – dis ’n warm liefdesvloeistof gemaak om jou siel net soveel soos jou lyf te voed, om jou te pantser teen die koue, moed te gee vir aangaan en te koester teen alleenwees.

– Gasspreker

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%