Otis Daniels-Finck
Otis Daniels-Finck

Soos aas aan ’n hoek

Hier sit ek, ’n gebore Namibiër, en soos baie ander besit ons geen regte tot die vis in ons waters of het enige aandele in die plaaslike visbedryf nie.

Sou ek lus wees vir ’n stukkie vis, moet ek dit gaan koop of vang. Nou wonder ek of ek of enige ander Namibiër ooit ’n kwota in enige ander deel van die wêreld sal kan bekom soos sommige buitelanders wat doenig is in ons visbedryf.

Wanneer ek so om my kyk, sien ek talle buitelanders wat “eg” Namibiese vismaatskappye op ons bodem bedryf. Hulle is onder andere van Ysland, Spanje, Portugal, Rusland, Suid-Afrika en elders, en soos dit vir my lyk, is hulle die beste daaraan toe wanneer dit by ons visbron kom.

Die vraag wat by my opkom is, waarheen gaan die geld wat hierdie buitelandse eienaars maak? Ek is seker hulle genereer astronomiese verdienste uit ons eg Namibiese bron.

Die ministerie van visserye basuin dit gereeld uit dat die visbron aan alle Namibiërs behoort. Dit laat my verder wonder, want dit voel vir my ons trek aan die kortste end.

Dit is opvallend dat Namibiërs die bron verwerk; hulle vang die vis en hulle bewerk dit al vir jare.

Dit het tot by my ore gekom dat daar buitelandse individue en maatskappye is wat vir meer as 20 jaar aanspraak maak op die bron. Terwyl ons Namibiërs hande gevou sit en wag vir beter dae, vloei miljoene en miljard na die buiteland.

Dit bring my tot die besef dat die buitelanders aan die wenkant is en die vrugte geniet van hulle sogenamde beleggings. Ek sien dit egter as ’n kontantkoei en wonder hoeveel hulle regtig ingesit het om ons visbron en die land só te melk.

Namibiërs is darem tegemoedkomend met ons natuurlike hulpbronne. Daar is buitelanders wat visregte in ons land het. Kan Namibiërs ook visregte bekom in die buiteland? Sou daar so ’n Namibiër bestaan, sal ek bitter graag van hom of haar wil hoor.

In die naam van belegging verloor ons so baie. Die arme, onkundige Namibiërs met visregte bring hulle kwotas en die buitelanders bring sy boot en doen dan die geringste en in oorleg met wat die wet en operasie verlang om die vis te vang.

Die buitelander verkoop die vis namens die Namibiërs wat maar ’n klein persentasie van die ware waarde van die ontginde bron ontvang. Weet ons regering hoeveel ons visregtehouers verdien vergeleke met die buitelandse beleggers wanneer dit kom by die sogenaamde vennootskappe tussen die belegger en die regtehouer? Geen wonder ons sukkel met ontwikkeling nie.

Wat van die Namibiese vissermanne wat vir die buitelandse eienaars, vennootskappe en maatskappye werk? Die meeste bly in pondokke en werk soos slawe om die gierigheid van ander te voed.

Ek voel dit is tyd dat ons regering – wat die beskermer van die visbron is – moet kyk watter buitelanders besit visregte en ook wie in vennootskappe is. Daar moet dan vasgestel word wat hul werklike bydrae ten opsigte van ons land en sy mense is, buiten die statutêre en operasionele verpligtinge om die boot in die water te hou om ons vis “op” te vang. – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.62/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 903.80/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 963.48/OZ UP +0.84% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.62/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 903.80/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 963.48/OZ UP +0.84%