So ? vakansie-gulsigheid
Sê maar net - 30 jaar gelede
Profete, wiggelaars, dolosgooiers, sieners, fortuinvertellers en glasbalkykers gaan die werkloosheidsyfer aanvul, sou ? dwaasheid hulle oorval en hulle na Namibië laat koers.
Die Dorsland van 1995 is daar vir elkeen om te sien, te deurworstel en in die proses te geniet, En hy is afgebaken tot en met die volgende amptelike leeglêery van die middel Desember tot die middel Januarie.
Kom Januarie. Terugkommers van die see se klaagliedere oor nie-bytende visse gaan gou wyk om plek te maak vir Jermiades oor die droogte. Steeds in Januarie gaan dit die vermeende wegvallery van die pre-primêre klasse wees. Daar gaan roekelose oorplasings wees van oorvol skole na halfleës en die “colonials” gaan die skuld vir die blapse en die smarte kry.
Februarie raak die Ontvanger gewoonlik woelig wanneer hy sy kilogramme (hy meet nie meer in ponde nie) vleis gaan opeis en lang toue vir motorlisensies gaan vorm. Motoreienaars wat al in Januarie kon betaal, gaan brom omdat hulle lank hul beurte op lisensies sal moet afwag. Hulle gaan uitstel vra waar uitstel reeds gegee is en in die proses die amptenary vir hul eie vrotsige beplanning blameer.
En dit gaan reën. Die droogteroepers in Januarie gaan plek-plek wonder wat om met al die water te maak en ? kwistigheid met water gaan posvat asof hierdie land nooit weer droogte gaan hê nie. Kwekerye gaan besigheid doen asof hierdie kontrei met ? enkele wolk se uitsak in ? akkerbouland omskep is.
Maart gaan die planmakers aan die gang kry vir die klein vakansieseisoen wat tot aan die einde van Mei gaan strek. Dis nou die werkers wat die ses openbare vakansiedae gaan opvul om hulle luilekker te rek.
Met Onafanklikheidsdag (21 Maart) op ? Dinsdag gaan redes aangevoer moet word hoekom die Maandag (20 Maart) nie maar ook ? vakansiedag verklaar kan word nie. Teen daardie tyd gaan die verlofvullers se aansoekvorm vir die enkel verlofdaggie op 20 Maart lankal op hul meerderes se tafels lê.
Dit gaan die maande van Wika en die wegspring van die rugbyseisoen wees. En soos met 20 Maart gaan die verlof-fundi’s vroegtydig hul aansoeke vir ? afdag op 26 Mei indien. Dis ? Vrydag en 25 Mei is ? openbare vakansiedag met Hemelvaart.
Op straat gaan die rugbyliefhebbers kla oor die geweldige koste wat hulle moet aangaan om wedstryde in die Wêreldbekerreeks in Suid-Afrika by te woon en ? belustigheid gaan mense oorval met die Mej. Heelal-wedstryd wat hier aangebied gaan word.
Hier in Junie en Julie gaan dit koeler word en gaan enkeles hier en daar begin wonder of dit nie tyd geword het om in die nuwe jaar te begin werk nie. Maar die beweging in die rigting van ‘n voorneme gaan wyk met die groot toerisme en jagseisoen se koms. Etosha, Waterberg, biltong en boerewors , rookvleis en rum, Winchesters en 30.06’s.
En daar gaan seminare en kursusse en dinkskrum en somerskole in die winter wees.
Dan gaan Augustus kom met ‘n openbare vakansiedag wat op ‘n Saterdag (26 Augustus) val. Vanselfsprekend gaan die werkers “onreg” jil en eis dat die Vrydag ook moet af wees.
September se winde gaan mense met ? lusteloosheid vul wat in Oktober en November gaan oorgaan in koorsmaande. Beswaardes en verontregdes gaan in kantore ronddwaal. Almal gaan kla dat die jaar verby is en dat hulle lang skofte moet insit om alles gedoen te kry wat gedoen moes word. En dit gaan warm wees en dit gaan droog wees. Duur aankope in die reënmaande gaan in die son vergaan en die munisipaliteit gaan die waterprys opsit omdat daar so ? gulsigheid na die produk is.
Dan gaan Desember kom met ? elk en ? iedere wat gaan koers kry Swakop toe vir die welverdiende rustydjie - lekker moeg ná al die werk.
Diegene wat van wed hou, kan gerus ‘n geldjie op dié voorspelling waag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie