Seisoene wat draai
Lanel (Wiesie) Kotzé – ’n Vriendin het my nou die dag daaraan herinner dat 21 Junie om die draai is.
Sy het genoem dat sy begin uitsien na die seisoen om te begin draai. Meer spesifiek, vir die donker oggende om te wyk en die son om terug te keer.
My seuntjie is nou op ’n ouderdom waar hy in die oggende begin vra, “Mamma, gaan ek vandag skool toe?”
Hy probeer die verskil tussen weeksdae en naweke bepaal. Ek het vir hom verduidelik dat weeksdae in die winter is wanneer ons opstaan as dit donker is en naweke is (meestal) wanneer ons opstaan wanneer dit reeds lig is.
Hierdie verskynsel – wat ons aardbewoners met ’n skerp oog dophou – waarin die dae langer en korter word, word al jare en jare oraloor die wêreld dopgehou en gedokumenteer.
Die gebeurtenis is so deel van die mitologieë en feeste van verskeie kulture, dat dit vir my die een groot bewys is teen enige plat aarde-teorieë.
Diegene wat oor sulke dinge wonder en graag redeneer, sal in elk geval tot die einde daaroor stry, tensy hulle dalk vir Elon Musk raakloop en vir ’n geleentheid vra om self te sien.
Die res van ons moet net die teorieë glo wat ons geleer is. Maar van al die dinge wat bevraagteken kan word, maak die draai van die seisoene en die aarde se skuins as vir my die meeste sin as mens die draai van die seisoene in ag neem.
So ’n jaar of wat gelede was ek omtrent hierdie tyd van die jaar op Opuwo. Wat my daar opgeval het, is hoe laat die son in die winter opkom.
Met ’n bietjie navorsing het ek vinnig vasgestel waaraan dit te danke is. Op ’n breedtegraad-vergelyking lê Opuwo baie verder wes selfs as Swakopmund. Die son neem dus langer om daardie hoekie van Namibië te bereik as Windhoek en selfs Swakopmund. Die someraande daar moet eindeloos voel.
Die ensiklopedie Brittanica het my met nog ’n paar gedagtes gelaat nadat ek hierdie onderwerp nagevors het. Soos dat in sekere opsigte word 21 Junie in die Suidelike Halfrond gesien as die begin van die winterseisoen, wat dan tot 22 en 23 September duur.
Ons sal vanjaar stry dat die winter beslis voor daardie datum hier in Namibië aangebreek het. Maar om ’n temperatuurseisoen in kalenderdae te probeer meet – is mos maar tipies van die wetenskap.
Die idee was nietemin interessant. Ek het ook geleer dat hierdie draai van die seisoene, die spesifieke oomblik waarin die draai plaasvind deur temperatuur gemeet en bepaal word.
Die 22ste/23ste September as die einde van die winterseisoen voel ietwat lagwekkend hier in Namibië.
Waar daar al ’n paar naweke in Augustus was wat ’n mens met ’n kortbroek en ’n hemp kon rondloop asof dit skielik hoogsomer is. En 1 September – lente?
Soms warm, soms net lekker koel. Miskien sal dit sin maak as mens daardie datums op een of ander temperatuurspektrum meet.
Hierdie laaste vyf maande se winter was maar rof op my siel – ’n emosionele winter meer as ’n fisieke winter.
Soos my gunsteling kinderheldin daarvan hou om te sê: “Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar. . .”
Op ’n persoonlike en ’n emosionele vlak – begin ek nou al uitsien na hierdie seisoen wat draai. Al is dit net sodat ons in die week kan opstaan wanneer dit lig is.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie