Sê maar net 30 jaar gelede
Issaskar Kapuka
’n Saak het twee kante
Leuens, verdomde leuens wat deur die media versprei word! Male sonder tal hoor ons mediamense dié bewering.
Of daar enige waarheid in steek, kan oor gedebatteer word.
Berig ons oor die beweerde aanranding van lede van die publiek by die Katutura-polisiekantoor of nepotisme by staatsinstellings, word dit net afgemaak as “verdraaiings deur die media”.
Ek het al vroeg geleer dat ’n saak twee kante het – een waarin alles ontken en as leuens afgemaak word, en dié waar die ander party sweer dat dit die reine waarheid is.
Neem as voorbeeld die knaende beweringe deur lede van die publiek oor die gedrag van sekere polisiemanne van Katutura-polisiekantoor – dié het ook twee kante. Die kommissaris van die Katutura-polisie het dit ontken. Van die klaers is uitgemaak as “moeilikheidmakers wat met sy onderdane skoor gesoek het”.
Hy het ook gesê dat die publiek gou na die pers hardloop en sy kantoor miskyk. Hy belowe hy sal elke voorval deeglik ondersoek. Aan die ander kant is daar vyf mense wat onderskeidelik sweer dat hulle hardhandig deur die polisie behandel is en daarna aangekla is vir oortredinge wat hulle glo nie gepleeg het nie. “Die polisie het ons aangerand toe ons klagtes wou lê en ons agterna aangekla.” Al dié beweringe, van albei kante, behoort ondersoek te word om die stof te laat lê, want oënskynlik het die jagter die prooi geword. Of lyk dit net so?
In die stilligheid het ek gewonder of dit nou nie tyd geword het om na die vuur te soek nie – die rokie staan darem sterk! Verbeel ek my of hoor ek ’n duidelike “help” opklink?
Die polisiekantoor in Katutura dien ’n wye spektrum van die gemeenskap – Katutura, asook Khomasdal en hul uitbreidings. Om hierdie beweringe as verdomde leuens en verdraaiings af te maak, gaan nie die probleem (as daar een is) oplos nie. Dade is kragtiger as woorde – dit het almal mos al geleer.
Vroeër vandeesweek moes ’n dame wat na bewering deur haar liefman aangerand is, glo by monde van ’n polisieman hoor dat dit ’n siviele aangeleentheid is. Bid jou dit aan! Sy is aangerand, het die polisie geskakel om ’n aanrandingsklag te lê, net om te hoor dat dit nie ’n kriminele oortreding is nie, maar ’n siviele saak. Wat later van die beweerde aanrander geword het, is nie ’n geheim nie. Hy het rustig ’n paar doppe saam met sy maters gekap en sy (gewese) liefmeisie uit die huis gesmyt. Die polisie het darem by die toneel opgedaag en is toe weg “omdat dit ’n siviele aangeleentheid tussen die liefdespaartjie is”. Nou moet hulle dit glo self oplos!
Nee wat, ou maat, iewers is ’n skroef los – aan watter kant, weet ons nog nie.
Ek ken komm. Egbert Shikerete uit die aard van my werk. Ek was bly toe hy onlangs die publiek genooi het om van sy kantoor gebruik te maak wanneer soortgelyke voorvalle voorkom waar die polisie na bewering hul magte misbruik. Hy het ook gesê dat die publiek gou na die media hardloop en nie die regte kanale volg nie. “Die polisie is daar om die gemeenskap te dien en te beskerm. Aan die ander kant moet die gemeenskap ook hul deel bydra deur die polisie behulpsaam te wees.”
Maar ek sê maar net: Namibië, ons ore is oop. Ons hoor jou. – 21 Oktober 1993
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie