Sê maar net 30 jaar gelede - Gene Travers

Van waar, Gehasi?

Van kleintyd af kon ek my altyd verkyk aan buitelanders of toeriste, soos hulle in die algemeen bekend staan.

Dit het dan al ook ’n soort van ’n stokperdjie van my geword om die snaakse mense goed deur te kyk en probeer om te bepaal van watter land hulle kom.

Ek praat nou nie van die “toeriste” met die Transvaalkarre en Ventersleepwaentjies wat gedurende vakansies heen en weer tussen die Republiek en die kus met groot vragte van ons vis “toer” nie. Ek praat van daardie regte buitelandse toeris wat soos ’n seer duim tussen mense uitstaan.

Ek merk dat ons plaaslike sakerollers en rowers hulle ook al kan sien en presies weet of hulle Duitse mark, dollar of ponde sjielings en pennies by hulle dra.

Ná al die jare het ek myself al as ’n soort boffin met die uitkenning van toeriste begin beskou. Of ek altyd reg was, weet ek nie, maar ek dink daarem dat ek die meeste van die tyd in die kol was.

Toeriste met kurkhelms en rooigebrande neuse het ek altyd as Engelse uit Engeland geklassifiseer. Toeriste met groot hoede, bont hemde, groot monde en baie kameras is Amerikaners en toeriste met kort broeke en kort sokkies met sandale kom gewoonlik uit Duitsland.

Hierdie vakansie het ek my weer verkyk aan sommige van die buitelandse besoekers.

Ek het een man in Onafhanklikheidslaan sien afstap wat meer na ’n grootwildjagter as na ’n toeris gelyk het.

Hy was van sy kop tot sy tone in kakieklere geklee met ’n paar stewels wat hom na ’n sprinkaan laat lyk het wat in kanondoppe getrap het.

Op sy kop het hy ’n groot hoed, kompleet met ’n tiervel om die bol, gehad en ’n groot waterbottel wat aan ’n leerband om sy skouer gehang het. ’n Yslike jagmes aan ’n breë lyfband het sy uitrusting afgerond.

Ek kon ook sien dat die toeris nie in werklikheid ’n grootwildjagter was nie. Hy was maar klein van postuur en die vel was sag en wit. Die handjies was te sag en die ogies te verskrik.

Ek neem aan dat hy so aangetrek het omdat hy gereken het dit is hoe ’n mens hier in Donker Afrika tussen al die leeus en tiers aantrek.

Ek het net by myself besluit dat dit die koddigste toeris is wat ek hierdie vakansie gesien het, toe ek my voor die Turnhalle in ’n man vasloop wat almal geklop het.

Hy was ’n ouerige kêrel en die spiere het al begin slap word. Hy was geklee in ’n groen onderhemp, kortbroek en ’n massiewe paar Amerikaanse cowboy-stewels.

My jare van ondervinding in die uitkenning van toeriste het my in die steek gelaat en ek kon nie help om die man te nader en te vra van watter deel van die wêreld hy kom nie.

“Nee wat, ou boetie...ek hier in Klein-Windhoek gebore en grootgemaak,” was sy antwoord.

Ek het daardie stokperdjie nou laat vaar en kyk maar weer na die mooi asters op Windhoek se sypaadjies. - Woensdag, 6 Januarie 1993

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.05/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 2 896.10/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.77/BBP UP +0.57% | Platinum US$ 979.56/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.05/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 2 896.10/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.77/BBP UP +0.57% | Platinum US$ 979.56/OZ UP +0.55%