Lesersbriewe
Lesersbriewe

Reent

MOGAMAT SALIE SABAN

MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Dankbaar O Heer

Seen o's woestyn

Vroegdag sopnat

Net na 4 kom klop


Luister. . . liggies skop

Asemteug diep, ’n vars reuk

Walvis nat, ja-ja

Soutpad, seepglad


Welwitschias glimlag

Narrabos glimlag

Volstruisgras wuif

Nat is Duin 7 se kuif


Amen ja Amen

Goed inni more

Skinkikofi warmsoet

Glimlag virrie gemoed. . .


* Beste lesers, keuring vir die ­publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van ­private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer