Reëndruppels op my lens
Almal wat my ken weet daar is op 15-jarige ouderdom ’n passie vir my beroep in my aangewakker, wat by die dag groter word.
Daardie passie het die afgelope maande effens weggeraak in die warboel van groot nuusgebeure wat my uit die slaap gehou het. Die afgelope Saterdag het hy egter weer sy weg na my toe gevind, en skielik voel ek weer mens.
Ek is lief vir my werk juis omdat ek met alle soorte media kan werk, maar dit lyk nou of my passie my altyd agter ’n kamera vind.
Op 15 het ek ’n mediakamp bygewoon wat deur een van Republikein se susterpublikasies aangebied word. Ons het opdrag gekry om vir een van ons kort kursusse ’n groepfoto en ’n foto van een persoon te neem wat albei die essensie van die mediakamp vasgevang het.
In die laaste paar minute het ek paniekerig begin raak, want ek het nog nie ’n groepfoto geneem nie. Ek roep toe drie vriende wat ek by die kamp gemaak het nader en sê: “Sit net daar en maak asof julle met mekaar praat.”
Toe ek effens afsak om die foto te neem, was dit asof my siel ’n sug gegee het wat ek al my lewe lank inhou.
“Ja, híérdie is wie jy nog altyd was – jy het dit net nog nie geweet nie,” sê my siel vir my in daardie oomblik.
Saterdagmiddag stap ek doodmoeg en uitgebrand in Windhoek Hoërskool se saal in en ek weet nie hoe ek die krag gaan kry om my grootste glimlag op te sit wanneer die Suid-Afrikaanse rockgroep Spoegwolf nou by die deur ingestap kom nie. Ek het tevergeefs daardie oggend in die spieël probeer oefen.
Die dag gaan aan en ek kry dit darem reg om nie ’n senuwee-ineenstorting te kry toe ek per ongeluk belangrike foto’s van my kamera se geheuekaart uitvee nie en voor ek my oë kon uitvee staan ek reg voor die verhoog en al die ligte is af.
Die gehoor fluister en lag en kort-kort kom daar van iewers ’n opgewonde gil. Ek moet bieg dat Spoegwolf een van my gunsteling-kunstenaars is om af te neem, omdat hul hoofsanger ’n verskeidenheid gesigsuitdrukkings en lyftaal gebruik.
Maar daar, met die ligte af, dink ek by myself dat ek nog net hierdie uur of wat moet deurmaak, dan is dit bed toe met my en my siel gee weer daardie sug wat hy amper ’n dekade gelede gegee het.
Tydens die vertoning raak ek weer iesegrimmig. Ek moes nou al verskeie reëls van fotografie verbreek om net hierdie vertoning af te neem met so min “graining” as moontlik en nou moet ek my lyf en my kamera deur daardie skare mense kry om foto’s van agter die verhoog te neem.
Toe ek buite kom voel ek die reëndruppels, maar ek het nie tyd om dit te geniet nie, want ek moet agter die verhoog kom. Toe ek daar kom en my kamera lig, voel elke foto so asof dit in ’n droom geneem is. Die pragtige wit liggies wat sonder verklaring hang maak wel mooi foto’s, maar hierdie foto’s neem jy vir jouself, Iréne. Hulle kan nooit nuusfoto’s wees nie en jy weet dit.
Die iesegrimmigheid kom haal my weer toe die joernalis in my inskop en sê ek moet nou weer nuusfoto’s begin neem en die liggies wil net nie uit my lens wyk nie. Die trane kom in my keel op – ek kan nie in hierdie taak faal nie, ek soek net nuusfoto’s. En skielik sien ek die wit liggies was toe al die tyd reëndruppels op my lens en ek lag.
“Sien, híérdie is wie jy nog altyd was – jy het dit net vergeet,” herinner my siel my.
Die reëndruppels is lieflik, veral in die foto’s, maar hierdie is die verkeerde tyd.
“When in Rome. . .” dink ek.
Daar is ’n paar foto’s van Spoegwolf wat daarna net vir myself geneem is met reëndruppels op my lens. Ek wens hierdie was ’n diep, emosionele les oor ’n passie wat ’n mens nooit verlaat nie of om die beste te maak van dinge wat op die verkeerde tyd op die regte plek is.
Maar dalk herinner dit jou net dat jy soms jou foto’s deur reëndruppels moet neem net om dit vir jouself te kan hou. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie