Gene Travers
Gene Travers

Perd van ’n ander kleur

Ek sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gene Travers

Soms dink ek, ek is ’n honderd jaar te laat gebore. Ek sou graag in die tyd wou lewe toe ’n man nog ’n saal op jou perd se rug kon gooi, ’n sesskoot-rewolwer om jou lende kon vasgespe en in ’n plek soos Windhoek kon inry en al die kroeks doodskiet.

Ek kan my voorstel hoe skop ek die swaaideure van ’n sekere plek in die dorp oop en sien hoe skarrel die manne vir hul staatsmotors en vliegtuie om weg te kom.

Nou weet ek net nie of ek my perd in Onafhanklikheidslaan, Gert Hanekom-rylaan of Mugabestraat sou moes parkeer nie.

Miskien sou ek rooi nommerplate aan my perd hang – dan kon ek hom parkeer net waar ek wou en sou ek ook sommer op die sypaadjie kon galop. Of miskien kon ek ’n liggie waarop “Taxi” geskrywe staan, op my perd se rug aanbring, wat my dan onaantasbaar vir verkeersmanne sou maak.

Noudat ek so daaraan dink, glo ek nie dat so ’n perd onder die huidige omstandighede sal kan aanpas nie.

In die eerste plek dink ek dat die geloei van roekelose motorfietsbestuurders se sirenes wat “eregaste” begelei, die perd sal skrikmaak.

Of dalk vlieg ’n jet oor sy kop en hy skrik so dat hy al die werkloses op die sypaadjies flenters trap.

Aan die ander kant dink ek dat die perd sou runnik van die lag as hy hoor van die laaste “bomme” wat op Oshakati deur die NDF se “eksperts” skadeloos gestel is.

Die perd sal seker ook verbaas wees as ek deur die Namibwoestyn op sy rug galop en hy sien dat daar geen piesangplantasie bestaan nie. Hy sal seker net so verbaas wees om te sien dat daar geen goudmyne op Usakos is nie.

Sou ek met die perd by die vullishope naby Eros verbygalop en hy sien hoe ’n minister sy tuinafval met sy luukse staatsmotor aflaai, sou hy seker nog ’n slag runnik en sy stert swaai. Hy sou seker ook net sy kop geskud het as hy sien hoe misdadigers uit die tronke vrygelaat word.

Die perd sal dan seker ook nie verbaas wees om te sien dat daar niks van minister Klaus Dierks se radarstelsel gekom het nie.

Ek dink dat die perd my sou vra om hom ’n honderd jaar terug te stuur en daar af te saal sodat hy kan wei.

“I’m a lonesome cowbou, a long way from hom. . .”

– 21 April 1993

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° #N/A #N/A