Ousie-ma word 70!
Charlotte Beukes-Muundjua – Ousie-ma se 70ste lewensjaar klok lui, baldadig – netso uitbundig soos die uwe senior suster van die Bezuidenhout’s; sy is die stamboom, grotesk, sterk soms oordonderend en steeks!
Die ou girl is soos ’n opgewonde Sondagskool-dogter. Die partytjie was ’n verrassing, maar nou ja, julle ken mos riemtelegramme.
Suster Magriet intussen aangekom uit die Suide, Broer Joos het haar met sy rasserige Ford op Mariental gaan haal. Kerneels en sy groenrokvrou-wynbottel het agtergebly, hy slaap op die site.
Nee wat, sy soek nie skades en skandes. Ná die derde glas wyn sal die jong mos opvou soos ’n strandstoel.
Dis die groot dag, almal is betyds vir die groot geleentheid,
Ousie-ma se drie haartjies is uitgeblow van die familiekinders.
Die susters kom aan by die partytjieplek. . . Die ouvrou is opsternaat!
“Nou watse wit tente met punte is hier opgeslaan, gereken ons partytjie is in Hermanus van Wyk-gedenksaal. Hoeee suster Magriet my hart is nie meer lus vir klop. Maar dis mos Niggie Emma met haar opstêrs-tjeenders se doendinge. Merem Milizet het mos in Kaapstad kokgraad gekry, en ek hoor sy is die voorloper in die partytjie. My oorle ma het altyd gesê die voëltjies vlieg hoog maar die stront val op die grond. Nou ek sê vir julle die opstêrs-mense val so vining, sommer dwarsdeur hulle eie stront!”
Sus Magriet gooi wal. “Ai Ousie-ma, dis jou dag, laat ons kalmte hê en lekker kuier.
So raak die ou vrou kalm. . . voorlopig.
Nou sit die groot gardes aan die hooftafel. . . opgetof. Maar Ousie-Ma se oog loop oweral, die familie-Valk: “Etse Magriet, kyk nou net vir Oom Gert, ons ou buurman. Hy het mos vir hom ’n jong bok inkatrol na sy vrou se dood. Ek hoor sy is ’n wynvraat, en kyk net sy kom sowaar met hoee polvye, sy sal haarself verongeluk.
“En het jy gehoor oom Koos van die hoenderplaas se seun het sy vrou gelos vir ’n skoolkind. Maar so was die pa mos ‘uit-oog’ heel belistig.” Antie Magriet swyg... sy weet ousie-Ma se senuwees is tot in haar gums, daar is gelukkig klomp tanne oor.
Die mense loop in, mooi opgetooi, baie van Windhoek, ja hulle wil hulle “laat sien” (show off)
Ousie-ma raak kriewelrig. Sy sien net lang glasies met suikerrandjies en sambreeltjies en wonder waar is die emmer gemmerbier.
“Magriet, ons is in ’n ding, die goed is nie onse goed nie, ek raak sommer aamborstig. Kyk tog in my sak vir my asmapomp en my oorle man se sakdoek.”
Daar is ou vrou sweet en vis oee. . . wat rigtingloos kyk.
En so kry geduldige sus Magriet alles en daar is kalmte.
Die voorgereg kom.
Ousie-ma se mond val oop. “Troue Heiland, watse snoep kossetjies is hier binnegedra, op ’n groot bord met patroontjies? Mens mors nie met kos nie, ek was julle die dinge voor, daai klimmeid van Kaapstad gaan haar laat sien!”
En dis toe Ousie-ma ’n familiekind nader vir duidelikheid. Sy hoor toe daar kom nog eksostiese disse.
Daar is ’n viskos op ’n “bed of lettuce”.
Ousie-ma se asmapomp hyg. . . “Sê jy daar is kos wat op ’n kooi lê, nee-nee, ek vat nou my susters en ons gaan maak afval met stoofbroodjies.”
Dis net daar wat pastoor vra vir hoofde buig vir gebed, daarna praat klomp mense klomp mooi goed van rissiepit ousie-ma, en knap daarna kom Takhaar (Blessing) met sy Namibroos-lied en die ys is gebreek... almal smelt tot domastrante Ousie-ma.
Die nag raak ’n flambojante mengsel van gesels, lag, en kuier tafel tot tafel.
Tot by die nageregtafel toe ouderling Petrus sukkel om rooi jellie te skep. Groot grap toe ons hoor die ou kêrel het die opskeplepel gelos en gesê: “Ewige speelse kossetjie, laat ek jou vasvat!”
Nou ja, die gemmerbier-emmer het gekom.
So breek Takhaar, Saartjie se mater die baster-ys. Die dansvloer was wyd... daar was vrouens met strykplank-lywe en dan die lywiges wat lyk soos ’n kontinentale kussing met biekie wasgoed. Ja, dis halfnaatjies, “all sorts”
En Ousie-ma se saksoek effe klam, maar die girl het haar skoffel ingekry, met spataarkouse en al!
Ousie-ma is van voor af die queen.
Sy het nie net 70 bereik nie, sy het ’n Takhaar (swart rastaklong) by haar hooftafel gebring om die kleurgrens te breek, ’n klong met inbors, ’n klong met ’n suiwer hart, ’n klong wat “bymekaarbring” betekenis gee.
’n Nag van vrede, ’n nag van selfondersoek, ’n nag van ’n nuwe begin.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie