Oudword is nie ’n jolige rit nie
Die algemene spreekwoord wat sê, “oudword is nie vir sissies nie” is honderd en tien persent waar.
En nog een wat hiermee saamgaan is, “selfondervinding is die beste leermeester”.
Ek het eendag lekker vir manlief gelag wat vertel het toe hy jonger was, het hy gedink wanneer mense 50 word, is hulle stokoud.
Maar volgens hom voel hy dan nog spiekeries op 50. Jammer my man, jy voel miskien nog soos ’n “sweet sixteen boytjie”, maar ek wil van jou verskil.
Kyk, ek kon in die verlede voldag werk en nog my huiswerkies alles self doen, maar dit knetter deesdae.
Nou dat ek dié mylpaal bereik het, voel dit elke oggend of ek ’n nuwe pyn of skeet bygekry het.
My regterhand se wysvinger wat die rekenaarmuis moet bestuur, pyn onophoudelik, my knieë skree blou moord wanneer ek die trappe na die parkeerterrein moet klim en my rug pyn wanneer ek die vloere was. Og nee, kom ek stop liewers net hier, dit klink net té erg.
Ek weet almal sal nou sê: “Ousie, dit help nie, oud word sal jy oud word.” Maar ek probeer dan nog só hard om dit nog net bietjie langer uit te rek. Ek wil darem ook graag ouer as 80 word, soos my oorlede pappa en mamma.
Maar dit alles kom teen ’n redelike hoë prys. Ek kom elke dag pootuit van die werk af, trek my stapskoene aan en pak my stappie van drie kilometer aan. Soms gaan dit maar kreun en steun, maar ek gaan nie moed opgee nie.
Ek moet erken ek het dalk ’n obsessie met my gewig. Een ding wat ek moeilik aanvaar, is wanneer ek daardie ekstra kilogramme saam met my moet dra.
En deesdae met alles wat so duur is, is dit moeilik om ’n gesonde dieetplan te volg, en jy moet maar eet wat op die tafel is. Woorde wat ek gereeld hoor is “as jy ouer raak, gaan jy gewig optel”. Ai, my ore wil dit nie hoor nie, maar een of ander tyd sal ek die onvermydelike moet aanvaar.
Niemand is geskape om vir ewig te lewe nie. Ons weet nie wanneer ons uurglas hier op aarde gaan leegloop nie. Dus aanvaar ek dit soos dit kom en geniet elke oomblik wat die lewe na my kant toe gooi. Elkeen van ons kan maar net daarna streef om gesond te leef en elke dag ons Heer en Meester te dank vir nog ’n dag wat Hy ons gespaar het.
Ek en my kollega Christel het eendag gesels en opgemerk ons sien hoe mense regtig probeer om gesond te lewe, maar dan raak hulle nog steeds siek van een of ander siekte. Dan besef ek, elkeen se dag is reeds vir hom of haar bepaal van wanneer ons Hemelse Meester ons kom haal.
Dis nie ’n maklike wêreld waarin ons tans lewe nie. Dis baie stresvol met hope uitdagings, maar ons moet moed hou en aanhou, sodat ons elkeen ons aftrede kan geniet. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie