Oppi voorstoep
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Douvoordag ’n brousel soet
Gryskombers laag met ’n koue groet
Sewe lae oor my vel getrek
Met koue grou rek lente sy nek
Son wat skyn inni droë woestyn
Gras is dor en mis verdwyn
Pelikaan wat hoog sirkel draai
Fluister Suidwes inni oor fraai
Daar waar blousee koud die appelkoos duin groet
Stomend ’n brousel warm soet
’n Warmte virri binnegoed
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie