Oor beplanning, die toekoms en ’n wyer perspektief
            
                                                            Soms, net soms, laat die Here ’n boom in jou lewe omwaai sodat jy beter kan sien.
Vanoggend lees ek in Fillipense 3 vers 12-14: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter my is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”
En in vers 16: “In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.”
Die Bybelvers het my laat dink aan die laaste week in ons lewens. Een van ons troeteldiere, wat as ’n ses weke oue babakatjie in ons huis ingestrompel het, moes ons ongelukkig laat uitsit.
Die kat is grappenderwys deur my man “ons eersgeborene” genoem. Ons het die diertjie met babakatmelk grootgemaak en hy was ’n ware persoonlikheid in ons huis. Hy het onverwags siek gelyk en teen die tyd dat ons hom by die veearts gekry het, was dit reeds te laat om hom te behandel of om te herstel.
Die laaste keer wat ons by die veaarts ingeloer het, was hy ’n bietjie deurmekaar, maar na ‘n rukkie se gesels het hy my en my man weer herken en gemiaau. Dit was hartverskeurend op daardie oomblik om te weet dat hy waarskynlik van kant gemaak sou moes word.
Sondagnamiddag het ’n boom in ons erf omgeval. Ons het talle tuinplanne en idees rondom hierdie boom gehad. Paaie, randsteenboordjies, geplaveide areas ensovoorts. En doef, daar val die boom om.
Die planne het al kleintjies gekry en verander met verloop van tyd. Die wind het ietwat sterk gewaai en die boom het redelik skuins reg langs die een muur gegroei. Vir jare het die boom ’n randsteen gehad wat langs sy wortels geplant was, en met die tuin–“woelinge” het ons die randsteen verwyder (en vermoedelik ook van die boom se ondersteuning).
Later daardie middag kyk ons ’n fliek, Here, waarin Tom Hanks die hoofrol speel. Soos in “hier”. Dit wys ’n huis se woonkamer en die verskeie gebeure wat oor die jare daarin afgespeel het. Wat my die meeste van die fliek geraak het, is hoe lewe en dood net so deel van die alledaagse lewe is. Asook hoe verandering ’n alledaagse verskynsel is.
Ons seuntjie het in ’n stadium op my skoot kom sit en ek het hom styf vasgedruk. So klein opgevou op my skoot as wat ek kon. Ek het hom net stywer vasgedruk terwyl die trane ongenooid oor my wange rol. Terwyl ek hom op my skoot vasdruk, voel ek die woelinge van die nuwe lewe wat ons in Novembermaand vanjaar verwag dieper in my skoot.
Ek huil oor die kat wat ek gaan mis, oor die boom wat nie meer deel van die plan is nie. Ek huil oor ons dogtertjie wat nie meer deel van ons planne is nie, en omdat ons seuntjie so groot is dat hy al amper nie meer op my skoot pas nie. Ek huil oor die nuwe lewe wat op pad is en waarna ons begin uitsien en eintlik net omdat alles besig is om te verander.
En ek dank God vir Bybelverse wat my daaraan herinner dat ons ons moet losmaak van dit wat agter ons is en uitstrek na dit wat voor ons lê. Al is dit ongemaklik op hierdie oomblik. Want daar is groter dinge wat voorlê. Groter tuinplanne as wat ons ooit kon raaksien, omdat die boom die fokuspunt was.
Dinge wat in ons toekoms vir ons beplan is wat ons nie kan voorsien of ons eers kan indink nie. Hy het groter planne vir elkeen van ons as wat ons op die oomblik kan raaksien. Wat ‘n wonderlike gedagte. Seën vir julle.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie