Ons taal
Soos sand in die uurglas – só is die dae van ons lewens
Tjoeftjaf is ons reeds aan die einde van die eerste maand van 2026, net ’n asemteug voor my jongste se eerste verjaarsdag. Hierdie jaar tref my met die skerp wete van hoe onstuitbaar en vervlietend tyd is en ek dink onwillekeurig aan die frase van my ma se sepie uit my kinderdae: “Like sand through the hourglass, so are the days of our lives.”
Telkens staan ek voor die versugting “Waar is die tyd heen?”. Waar is die dae toe ons stokperdjies ’n “tydsverdryf” genoem het – toe tyd iets was waarvan ons doelbewus ontslae wou raak? Nou moet ons tyd maak vir stokperdjies, en wat ’n illusie is die maak van tyd nie!
Ek is nie vanjaar alleen bewus van die lopende uurglas nie: selfs op sosiale media word nostalgies teruggegryp na vervloë dae. Skynbaar is 2016 vanjaar die uitverkore tydstempel – ’n jaar met wêreldwye impak: Brexit, Donald Trump se eerste verkiesing en die afsterwe van vele ikone. Vir my persoonlik was dit ook deurslaggewend: dit is die jaar waarin ek my man ontmoet het.
’n Dekade voel tegelykertyd soos ’n leeftyd en ’n oogwink. Einstein se relatiwiteitsteorie (van ongeveer 120 jaar gelede) herinner ons immers dat tyd relatief is – dit rek en krimp namate spoed en gravitasie verander. Ongelukkig is dít veranderlikes buite ons beheer. Tot tyd en wyl tegnologie ons ’n mate van beheer gee, maak kunsmatige intelligensie wel reuse spronge en bevry ons van tydrowende, tydsame take, sodat ons meer tyd kan bestee aan wat regtig saak maak. Dít is glo die belofte van KI, al vrees ons almal die moontlike implikasies – want tyd is geld, en wat gebeur as ons tyd nie meer ’n kommoditeit is nie?
Kom tyd, kom raad. Miskien moet ons vanjaar minder doemprofeties wees en die tikkende tydbom van KI vir ’n oomblik ignoreer. Laat ons dit liewer benut kunsmatigheid – sonder om ons menslikheid prys te gee – om meer tyd te skep vir ware menslike konneksie en dalk bietjie vrye tyd vir stokperdjies en die skep van outentieke, tydlose kultuurprodukte in ’n era van toenemende. Want wie weet hoeveel tyd ons nog het voordat ons die tydelike met die ewige verwissel? Dit is uiteindelik juis die tydelikheid van alles wat betekenis skep.
Annika van der Linde
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie