Ons taal
Veels geluk met 70 goue jare, Pa!
Verlede jaar op ’n kletsprogram het die onderhoudvoerder die gas gevra om haarself in een woord te beskryf. Dit het my laat besef ek het geen idee wat my antwoord sou wees indien iemand dié vraag aan my stel nie.
Om ’n enkele woord aan iemand anders toe te ken, is makliker. Die woord wat ek vir my pa kies, is steunpilaar. Dis veral die verwante woorde daaraan wat hom ook raakvat – helper en vertrouensfiguur.
Volgende week word Pa 70 en mag Pa met hierdie besonderse mylpaal opnuut weet hoe dankbaar en geëerd ons is om Pa se lewe te kan vier.
Die getal 70 dra opsigself ryk simboliese betekenis in verskeie kulture en tradisies.
* ’n Lewensduur: Psalm 90:10 noem dat die normale lewensduur van ’n mens 70 jaar is, wat ’n volle lewe simboliseer. (Mag Pa nog vir baie jare vorentoe ’n volle lewe ervaar.)
* Oorgang en Wysheid: Die bereiking van die ouderdom 70 word gesien as ’n beduidende mylpaal wat die verkryging van wysheid, ervaring en ’n oorgang na ’n nuwe fase van die lewe verteenwoordig. (Pa was nog altyd wys, maar omarm gerus wat hierdie nuwe fase teweegbring.)
Pa is die slimste mens wat ek ken – stil, maar altyd reg met ’n grappie. Dankie vir die voorbeeld wat Pa is. Dankie dat niks ooit vir Pa te veel moeite is nie – veral as dit by Ma en ons kinders en Pa se kleinkind kom nie.
Pa het by my ’n liefde vir lees en Afrikaans gekweek. Pa het my leer bier drink, leer skiet en jag, maar ook die dieper dinge van die lewe, soos hoe om ander mense te behandel. Ek is nederig dankbaar om nog steeds by Pa te kan leer.
Veels geluk met Pa se 70ste verjaardag! Mag dit gevul wees met geluk, liefde, genade, goeie gesondheid en seëninge.
Elzeth Harmse
Afrikaansonderwyseres
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie