Ons taal
Suur druiwe
As daar nou twee vrugtesoorte is wat my studente in die beginnersklas gooi, is dit ’n lemoen en ’n suurlemoen.
Nee, hulle gooi nie die vrugte nie, die vrugte se name gooi hulle! Of anders gestel, dit maak hulle deurmekaar. Natuurlik omdat die Engelse suurlemoen, ofte wel “lemon” mos ’n valse vriend vir onse lemoen is.
In die taalkunde praat ons van hierdie verwarrende valse vriende as “faux amis”, wat in ons Afrikaanse woordeskatkis beland het saam met ander leenwoorde, soos “faux pas” wat ons uitspreek in die lyn van [fo pa]. In die uitdrukking: “Dit was ’n faux pas!” beteken dit die persoon het ’n misstap of ’n flater begaan. Ons ken ook’n ander sinoniem hiervoor, wat vir my ’n klinkende gunsteling is – BLAPS!
Maar om terug te kom by die suur- van die suurlemoen. . . Ken julle die uitdrukking wat ons gebruik wanneer iemand iets afkraak bloot omdat hulle dit nie kan kry nie. Jy weet, soos die meisie wat kastig nie meer so baie mooi is nie, net omdat sy vir die ou die koue skouer gegee het toe hy by haar probeer vlerksleep het? Mens kan dan sê sy opmerking oor haar hou nie water nie, en is sommer net suur druiwe.
Volgens die HAT is die druiwe suur wanneer iets begeerliks minagtend afgekeur word as jy dit nie kan kry nie. Dit kom uit die fabel van die honger jakkals wat gesmag het na die sappige trosse druiwe aan die prieel. Hy het gespring en gespring, so hoog as wat hy kon, maar sonder dat hy ’n enkele korrel kon hap. Dis toe wat hy sê: “Ag, ek het gedog hulle is ryp, maar nou sien ek, hulle is nog suur!”
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]
Woordspoor op Kanaal 7

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie