Ons taal
Afrikaans – op ’n taxi die toekoms in
“Moenie oopmaak nie asseblief” só lui die verrassende plakker in rooi op die kattebak van ’n taxi wat voor my by die verkeerslig stilhou. Elke letter sorgvuldig geplak met die dubbelnegatief en “asseblief” so mooi uitgespel (wanneer laas het jy asseblief uitgespel?). Dit is aangenaam verrassend, nie net omdat dit onverwags is om Afrikaans op ’n taxi aan te tref nie, maar ook omdat dit iets impliseer wat ’n mens darem weer warm oor jou taal laat voel – Afrikaans het ’n plek in hierdie land! Dit word gepraat deur sy mense, en dit is nie vergesog om te verwag dat mense dit sal verstaan nie, want selfs ’n taxibestuurder reken dat ’n versoek in Afrikaans sal sorg dat sy kattebak toe bly.
Dit laat my dadelik dink aan ’n gedeelte uit Azille Coetzee se memoir, In my vel: “. . . ons taal is nie net mooi nie, dit is rats en vaartbelyn . . . Kosmopolities en plooibaar. Dit het daai benouende Germaanse strukture afgeskud om optimale kommunikeerbaarheid te verseker in ’n konteks van dinamiese diversiteit. Dis geskep in ’n ruimte van vermenging en beweging en daarom uniek toegerus om die druk, spoed en veelheid van ’n globaliserende wêreld te kan absorbeer. . . Dis ’n taal wat oopstaan, eerder as toe. Dit buig en pas aan. 'n Taal met ’n ligte voetval.”
Afrikaans staan inderdaad wawyd oop en in Namibië sê dit: “moenie toemaak nie asseblief”, want soos Azille sê: “Dis met so ’n taal dat ’n mens die toekoms kan in.”
Annika van der Linde
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie