Ons taal
Afrikaans 100 in Namibië
Verlede week op 8 Mei het ons die 100ste amptelike bestaansjaar van Afrikaans gevier. Honderd jaar gelede is Afrikaans in die Suid-Afrikaanse Parlement as amptelike taal aanvaar.
Jy kon nou in die parlement Afrikaans praat en in howe. Skole kon in Afrikaans onderrig gee. Hierdie erkenning het aan Afrikaans die stukrag gegee om ongekend te groei. Later in 1976 sou gedwonge Afrikaans in skole die brandpunt van opstande word.
Het Namibië ook so ’n geskiedenis van Afrikaans? Afrikaans het Namibië binnegekom saam met die Oorlams, Basters, Nama en sendelinge. Die Hollands-Afrikaans is reeds in 1738 in suidelike Namibië gehoor. Hendrik Witbooi se dagboek is in die mooiste Hollands-Afrikaans geskryf. Volgens Stals en Ponelis was Afrikaans reeds as transkulturele kommunikasietaal vanaf die Grootrivier in die suide tot die Erongo en Waterberg gebruik toe die koloniale era in 1884 aangebreek het.
Die omgewing waarin ’n mens praat, het ’n invloed op die soort taalgebruik. So praat Aranosnamas van “duur Afrikaans” in skole. In Namibië praat ons van ’n manga; in Suid-Afrika ken hulle net ’n drukgang. Die skouergedeeltes van die pad staan by ons bekend as die “gordel” of sommer “gorrel” en soms selfs die “langplaas”. In Suid-Afrika is dit die “gang”.
En dan natuurlik is my kinders baie ontsteld, want jy kry nêrens in Suid-Afrika ’n bretchen nie! Niemand weet eers wat jy vra as jy vir ’n bretchen vra nie.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie