No Image Caption

Ons taal

Stof
As ek vir jou die woord “stof” sê, waaraan dink jy alles?

Ons is immers goed bekend met stof in Namibië. Op die grondpad wil jy nie graag in die stof van ’n ander voertuig ry nie. Dit belemmer jou sig. En as die verwoedelike winde waai, is die oorkantste duin netnou oral in jou huis.

Tog het stof verskillende ander betekenismoontlikhede. Vir Friedrich Woest beteken stof:

Kalaharistof

Ek kom toe by die Geeër van alle goeie goete

en Hy vra my:

Wat wil jy wees?

Ek smeek Hom!

Maak my stof:

Dié stof wat plof-plof opstyg

onder die skroppende tarentale se pote

in laatmiddaggrou...

En meer ek wil ook wees:

Die oranjegoue aandgloed wat valkagtig afduik

en die plof-stof gryp,

dan helder af-ets teen die donker-wordende landskap...

so tasbaar duidelik onnabootsbaar mooi.

Maak my nog meer:

Die koedoe wat trapsuutjies nader verkleurmannetjiewieg...

geruisloos met skottelparaatheid

die veilige ruigtes vir die ooptes verruil...

vir soutklip en water soet

En laaste die skemergrou jakkals se donker roep,

wat met korhaanboog hoog skiet!

die aandhemel in galm en alles laat versteen...

Dan duikend afwaarts sweef

en sprei oor die aarde neer

en soos koue rook

teen die bome se ore kom afkruip

en indring tot dit tussen die krieke se gesels kom nesskrop

en grondlangs kwyn tot smoor...

Ja! maak my so,

maak my dit

Dit is genoeg

Só het ék nog nie oor stof gedink nie! Dit is duidelik dat “stof” ons baie stof tot nadenke gee.

Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A