No Image Caption

Ons taal

Afrikaans is ’n gevoel van tuis wees en tuiskoms
Vroeër vanjaar moes ek onderhoudsvrae vir LitNet beantwoord. Die een vraag het gelui: Hoekom navorsing in Afrikaans doen?

Ek moes eers ’n rukkie lank daaroor dink, maar sodra ek begin skryf het, het die woorde net gevloei – nes my liefde vir Afrikaans van nog altyd af deur my are vloei.

Afrikaans is my hartstaal. My brood en botter. My primêre belangstellingsveld. Ek is baie lief vir tale en het ook Nederlands, Duits en Engels studeer. Maar daar is net iets aan Afrikaans wat haar nog altyd heel bo aan my navorsingslysie geplaas het. Dis moeilik om presies te kan sê wat daardie “iets” is, want dis eintlik net so divers soos ons geliefde taal self.

Dis die feit dat ek my gedagtes en gevoelens – sonder om te veel daaroor te dink – beskrywend kan verwoord. Dis die sprekers – elk met sy/haar eie dialek, variant, aksent. Dis die beeldspraak wat lesers betower en die poëtiese woordgebruik in liedjies en gedigte. Dis die nuutskeppings wat ons taal gereeld opvrolik. Dis die taal waarin ek liefhet.

Dis ’n gevoel van “tuis wees” en selfs “tuiskoms” wanneer jy vir ’n ruk lank nie jou moedertaal gehoor het nie. Dis ’n klein bietjie van alles, toegedraai in ’n taalliefde waarmee ek net eenvoudig gebore is.

Nicolette Steyn

Afrikaansdosent

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A