No Image Caption

Ons taal

Maak Afrikaans jou eie
Ek het einde Januarie ’n kongres vir jong navorsers in Stellenbosch bygewoon. Dit was die tweejaarlikse USAN-kongres van die Afrikaans en Nederlandse department van Universiteit Stellenbosch. Ek het ook die geleentheid gehad om self ’n referaat oor my Meesterstudie te lewer.

As ’n trotse Namibiër én Afrikaansliefhebber, was dit vir my ’n groot voorreg om die bevindinge van my studie te gaan deel en mede-Afrikaansliefhebbers bewus te maak van die positiewe houding teenoor Afrikaans wat steeds hier heers in ons geliefde land.

Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend. Dit bevestig net weereens so ietsie van ons taal – dat niemand haar gaan stuit nie. Net soos sy reeds in die byna 100 jaar haar skoene volgestaan het, gaan sy vir nog eeue ore en monde vul met haar kenmerkende klanke.

Hierdie einste klanke veroorsaak dalk dikwels hoofpyne vir die tweede- of vreemdetaalaanleerders, maar darem kan ons daarby berus dat daar altyd ’n onderwyser, ’n dosent en verskeie geloofwaardige bronne sal wees met die nodige kennis om hierdie taalaanleerders te help.

Mag elke Afrikaanse taalaanleerder die vrymoedigheid hê om Afrikaans hul eie te maak en só ’n bydrae te lewer tot die diversiteit en voortbestaan van ons taal.

Nicolette Steyn

Afrikaansdosent

Universiteit van Namibië

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A