Ons taal
Woorde
Die gesindheid van ons hart kom lê helder in ons woorde. Ons woorde sê presies wat in ons hart aangaan. Vir wie fyn luister, verklap ons woorde die diepste geheime van ons hart.
Hoe so? Wie beweer, moet bewys. Wat sou die verskil wees tussen ons kerk en my kerk, ons huis en my huis, ons kinders en my kinders? Die woord “ons” kommunikeer dat jy diep bewus is daarvan dat dit nie aan jou alleen behoort nie. Dit sê ook “ons is saam in die ding” en “ek is nie alleen nie”.
As ’n mens dit so ’n bietjie verder vat, is daar nog ’n groter verskil wanneer iemand sê: Dis God se kerk, God se huis of God se kinders. Dit kommunikeer dat ons wesenlik rekening hou met die numineuse, die goddelike, die misterieuse en dat ons nie slegs rekening hou met die aardse en besitreg op aarde volgens die wetsgebruike nie. Want uiteindelik kommunikeer ons woorde wat werklik in ons hart leef; hoe ons diepste binneste lyk.
Slim navorsers beweer dat minstens 86% van alle kommunikasie grootliks nie-verbaal is. Dis ook nie altyd net die woorde wat ons gebruik nie, maar ook veral HOE ons dit gebruik. As ’n pa vir sy seun sê: “Mannetjie!” hang alles af van hoe hy dit uitspreek, die nuanse en stemtoon van die woord.
Ons sal veel van onsself en ons diepste motiewe leer as ons let op die spesifieke woorde wat ons gebruik en ook hoe ons dit gebruik.
Tel en bedink gerus jou woorde vir suksesvoller kommunikasie!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie