Ons taal
Klaar
Môre is die eerste lentemaand van 2023 klaar. En sowaar is veral die gr. 11’s en 12’s op die klaarpad van skool. Dis nou seniorafskeide en nuwe leerlingrade vir die wat gaan agterbly. Vir die res is dit die pylvak – die laaste stukkie hardloop om die jaar ook klaar te kry.
Sou ek vir jou sê: Dit is klaar! – wat beteken hierdie eenvoudige sin? Kry jy meer as een betekenis in die sin? Die eerste opmerking wat baie belangrik is, gaan oor die voornaamwoord – dit. Is dit ’n aanwysende of betreklike voornaamwoord? Maar om te spekuleer oor die sin se betekenis, hoef jy nie te weet watter soort voornaamwoord dit is nie. Jy moet weet dat die dit na iets verwys wat hierdie sin voorafgaan. Kan jy nou minstens drie betekenisse vir die sin gee?
As dit verwys na die perdevoer, beteken dit natuurlik dat die perdevoer op is. Daar is geen perdevoer oor nie. En as ons nie gou perdevoer kry nie, ly die perde honger.
Sou ek sê soos wat ek nou self jubel: Die graad 11’s se mondeling is klaar, beteken dit heel iets anders. Die mondeling is afgehandel, voltooi en het vir nou tot ’n einde gekom.
Die sin en betekenis wat vir my die mooiste is, [nie noodwendig so aangenaam en vreugdevol soos die klaar mondeling nie] is die moeilike konsep is nou vir my klaar. Hierdie klaar is ’n ou klaar wat beteken helder of duidelik.
Mag dit vir jou klaar word dat die winter regtig nou heel klaar is! Mag jy klaarkry met wat nie vir jou heel klaar is nie!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie