Ons taal
Jy moet! (2)
“Jy MOET niks nie! Jy kan anders!” So het ons vir móét ingeburger in ons lewe sodat ons ruim en vry kan leef in ons land van uitgestrektheid.
Maar die heel eerste opmerking wat my oudste seun, Pieterjan, gemaak het oor moet was: “My ma het my geleer moet is gedwonge en huil is ’n kindersang!” En hoe goed onthou ek toe nie dat my ma graag die idioom gebruik het as ek as kind gekerm en gesanik het oor ietsie wat NOU MOET gebeur nie! So gee die geslagte die aflosstokkie ook in taal aan.
Ek het altyd die idioom probeer fynkou en verder uitpluis. Wat presies sê die eintlik baie-lekker-sê-idioom? Waarskynlik lê die geheim van die idioom in sy neweskikkende voegwoord: en. Die eerste sin en tweede sin het ewe veel waarde, of eerder miskien ewe min waarde. Blykbaar word die idioom veral gesê aan ’n kind of van ’n kind wat teen sy wil iets moet doen of deur te huil iets wil afdwing. Hoe dit ookal sy, dit lyk my die kind trek aan die kortste end: Jy móét maar en ’n gehuilery gaan net mooi niks aan die saak verander nie!
Gelukkig kan grootmense nie meer kindersange sing nie. Grootmense kan vra: “En wie het miskien daardie MOET gemaak?” Dan kan hulle in plaas van gedwonge leef in die gevangenis van MOET, eerder anders kyk – die voorreg van volwassenheid gebruik om met verantwoordelikheid vryer uit te stap.
En nou moet ons groet, want aan alle goeie dinge kom daar selfs sonder MOET tog ’n einde. Vrede vir julle!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie