Ons taal
Verby en by 4
Vandag kom hier ’n nuwe ouerige by verby!
“Jy moet jou by kry voordat die kanon skiet!”
Wat ’n vreemde stelling! En presies wat sou dit nou eintlik beteken? Hierdie titel van een van ons briljantste kortverhaalskrywers, Abraham de Vries, was nog altyd vir my een van die vernuftigste mondrol Afrikaanse titels. En die storie ewe briljant. Dit laat jou dink!
Hier lê die dubbelsinnigheid agter die humor van die titel. Hierdie “by” is onse gewone vliegby wat heuning maak. Maar dit is ook die “by” van: “Kêrel, jy moet by kom, voordat jy vir ewig saam met Noag in die ark rondrits!
Die eerste reël van De Vries se verhaal lui: “Maak ’n bietjie suurdeeg, bak ’n baksel brood; ek gaan my by soek wat verlore geraak het die-Here-weet-hoekom” Die subtitel by die verhaal is: “’n Baie ou volksverhaal”.
Soos volksverhale dikwels loop, gaan hierdie boer op ’n reis. Die boer gaan sy by soek. Natuurlik in die Kaap waar die kanon van Seinheuwel af elke dag om twaalfuur skiet. Oral waar hy loop, vra hy of iemand nie dalk sy by gesien het nie. Die man op die parade waarsku hom: “Maaster moet die bytjie soek en maaster moet die bytjie kry voo’ die kanon skiet. Anners - baai-baai bytjie en happy memories – weg is die bytjie lapaside agter die swart smoke om.”
Kry die boer die by betyds? Lees gerus die verhaal en geniet die fyn woordspel van ’n woordmeester soos Abraham de Vries.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie