Ons taal
Taai toffie
My seun gebruik vroeër vanaand die uitdrukking: Wel, as hy hom wil uitgee vir ’n toffie, moet hy maar gekou word. Dit het my dogter laat kraai van die lag. Waar kom jy daaraan? By Mamma. Ja, sê ek, hoe sou ’n mens dit dan normaalweg sê as jy nie hierdie uitdrukking sou gebruik nie?
Seker iets soos as die skoen jou pas, moet jy hom maar aantrek. Sy slaan die bal nie ver mis nie, maar dit voel tog effe anders. Dit laat my kopratte draai. As hy ’n fiets wil wees, sal hy getrap word. As sy haar soos ‘n lap wil gedra moet sy nie verbaas wees as iemand die vloer met haar was nie.
Punt is, ons mense is baie lief daarvoor om metafore te gebruik, of met woorde denkbeeldige prentjies vir mekaar te teken. Dit verhoog onmiddellik die trefkrag van wat ons sê.
Ek dink onwillekeurig aan ’n ander gesprek oor woorde wat vroeër in die week ook tussen ons drie plaasgevind het. As alternatief vir die Engelse “chubby”, stel sy vir hom die woord plomp voor. Na my mening sou plomp heel goed kon deug. Hy reageer toe met: Ek wou nie die woord plomp gebruik nie, want dit laat my altyd dink aan ‘n ballon wat jy aan sy kop vashou. Sy verduideliking het die woord plomp vir ons ander twee permanent verander.
Ek gaan loer in die HAT en kom af op die woord plompweg wat beteken dat jy iets doen sonder om eers deeglik daaroor na te dink. Nadese sal ek dalk nóg minder plompweg met woorde omgaan.
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie