Ons taal
Die Jirre se skylte
Kersdag is ’n klipgooi ver. Die voorhangsel het meer as 2000 jaar terug geskeur sodat ons elke jaar met vrymoedigheid kan feesvier. En in ewe mooi Afrikaans, lees ek twee weergawes van Psalm 15. Die 2020-vertaling sê: “Here, wie mag ’n gas wees in u tent? Wie mag tuisgaan op u heilige berg? Hy wat onberispelik leef en regverdig optree, wat van harte die waarheid praat. Hy laster nie, doen sy medemens nie kwaad aan nie en bespot nie sy naaste nie.
“In sy oë is die een wat verwerp is, veragtelik, maar hy eer dié wat vir die Here ontsag het. Al sweer hy tot sy nadeel, hy verander nie. Hy leen nie sy geld teen rente uit nie, en aanvaar nie ’n omkoopgeskenk ten koste van die onskuldiges nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit struikel nie.”
En Hans du Plessis se Griekwapsalm eggo saam: “En wie mag nou by U se hit loop intrek, en wie mag op U se heilige dyn stap? Hy wat die waarlikheid in hy se hart het, en hy se tong ythou ytie alwynsap, okkie skinner en agter die hand sit praat of lelike goeterse van hom se broerse glo nie, en dies hatig haat wattie Jirre haat, ennie weghol van wat hy jou blo nie. Hy wat nou nie ’n man se grond vattie, hy drik jou okkie mettie rentese plattie, hy wat vas saam hy se broer-goed staan, sal nou matlik innie Jirre se hit in kan gaan.”
Of ons hierdie jaar verskeie kere smekend moes opkyk na die berge, of met gemak kon draf oor die duine, mag ons ons rus vind by ons Heer se hut, en Hom eer met al die spore van ons woorde.
Petronella Genis
Facebook: Woordspoor

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie