No Image Caption

Ons taal

Kripkniel
Sanet Pearson
Ons steek die eerste Adventkerse aan. Tyd word afgetel. Maar intussen jaag die dae ons ongenadiglik aan Kersfees toe.

Kerstyd het ons ons skarrellywe aan.

Kom ons buk saam met Opperman by die stal in en neurie saggies saam – waar tyd vir ewig gaan stilstaan het:

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo

die ster gesien en die engel geglo,

hul kieries en drie bondels gevat

en aangestryk met ’n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn

op ’n plakkie, ’n klip, ’n syferfontein,

oor die sink en die sak van Distrik Ses

waar ’n kersie brand in ’n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel

die krip gesien en neergekniel.

Die skaapvet, eiers en biltong

nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed

oor ’n kindjie wat ook dié volk sou red...

Oor die hele affêre het uit ’n hoek

’n broeis bantam agterdogtig kloek.

In die Kersliedjie kan die krip, die kindjie en die drie wyse ou vaders (ta’s) met hulle skaapvet, eiers en biltong ook oor Namibië se duine, klippe en woestyne loop – eietyds.

Die Kripkind word hier gebore – vir ons midde in ons eenvoudige of skarrelwêreld. Bring ons skaapvet, eiers en biltong omdat ons werklik agter die ding wat skuiwend skyn aanloop? Of kloek ons agterdogtig in ons hoek oor die Kind in vandag se werklikheid?

Mag ons nie net haastig dae aftel nie, maar die dae vir ons laat tél –

terwyl ons stil verwonderd voor die krip kniel in die wye rus van ons mooi land.

Knielgroete

Dr. Nicoline Woest

Facebook: Woordspoor

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!