Ons taal
Hallo my Pa
Die jaar is op volle galop hier by ons, maar Pa-hulle is mos nie meer gekoppel aan tyd nie.
Onthou Pa daardie dag lank lank gelede wat ek vir Ma in Metro moes gaan soek? Pa se raad was: “Stap net so dat jy in elke ry kan afkyk, en dan soek jy net vir ’n hoedjie wat baie vinnig beweeg.” Ja, Ma kon nogals wikkel!
Dankie tog vir Kanaal 7 se musiek wat weer rustigheid kon bring op pad plaas toe na die dag se gewoel in die dorp.
Randall Wicomb het Prof Hans du Plessis se Griekwapsalms so mooi gesing. Ek dink in die gejaag vanoggend veral ook aan sy beryming van Johannes 3:16:
“So lief het die Jirre die hele mense gehet
lat Hy nou Hy se Kjent gekom stier het
solat dies wat in Hom glo en vi Hom bid,
vi ewig innie hoge jimmel in kan gat sit”
Nou wonder ek, het Pa al vir Ma daar bo so lekker sien sit?
Tot later, my Pa!
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie