Tielman 1
Tielman 1

Ons ligene is g’n ‘softies’ nie!

Tielman Van Lill
Dit was 05:20 toe ek teen my wil met Goose langs die pad gaan staan. Ek was onderweg vanaf Henties na Swakop, maar Goose het beslis ander planne gehad en my reis wreed onderbreek toe sy hardnekkig haar laaste uitlaatgasse uitblaas.

Soos almal weet en wat dié wêreld ken, bevind ek my in die Dorob Nasionale Park aan die weskus van Namibië. As ek reg verstaan is dié park spesifiek geproklameer om die bedreigde ligeenvelde van uitwissing te beskerm.

Ligene is ’n uiters sensitiewe simbiose tussen alge en fungusse wat net op ’n paar plekke in die wêreld voorkom (dis nou vir die ouens wat nie weet nie).

By Wlotzkasbaken is selfs ’n draad gespan om die booswigte daarvan te weerhou om met hul vervlakste “kwats” en “fô-baai-fô’s” daar rond te jaag en so dié sensitiewe gebied te beskerm.

Ek het een keer ’n dokkie op TV gesien waar die kenner vertel die mensdom se vernietigingswerk sal steeds vir etlike duisende jare sigbaar wees en die ligeenvelde sal deel van die geskiedenis wees.

Dus sal mense die ligene vernietig.

Wit-, groen- of oranjekleurige ligene is die algemeenste kleure wat die andersins droë gebied ’n spatsel kleur gee. Die plantjie wat tot fotosintese instaat is, groei op al wat ’n klippie, rots en in die kaal grond en kan in die uiterste omstandighede floreer. Beide die alge en fungus kan nie apart oorleef nie en vorm ’n besonderse vennootskap waar die fungus die water behou en so die alge ondersteun.

Ligene kom ook in die uiterste toestande van die Arktiese toendra, die Antacama-woestyn in Suid-Amerika, die Baja California-skiereiland (Mexico) en in Kalifornïe langs die Pasifiese Oseaan voor.

Twee ligeenspesies is in 2005 glo met die Russiese Soyuz-vuurpyl die ruimte in gelanseer waar dit vir 15 dae aan die suurstoflose vakuum en uiterste temperature van die ruimte blootgestel is. Met hul terugkeer na die aarde is bevind dat dié spesies geen skade gehad het nie.

Nou kyk, ek is nie ’n kenner nie, maar ek stem saam met die meeste van die bewaringsbewustes wat lief is om bome te druk (ek het ook al, maar net ’n peper- en kameelboom), dat ons ligene beskerm moet word.

Nou wat my wel pla en ontstel is die volgende. Toe dit daar langs die nuutgeboude teerpad begin lig word, sien ek ’n wit kol sowat 70 m van die pad af. As ek dit absolute verwoesting van die omgewing kan noem, is dit nog steeds ’n hewige kompliment vir die maatskappy en sy siele wat die pad saamgeflans het.

Die wit kol is sementwater wat oor die grondverskuiwingsmasjinerie se spore gegooi is en ’n dik, harde kors gevorm het. Dat dié masjinerie daar en nog verder van die padoppervlakte af gery en die aarde omgedolwe het, is duidelik sigbaar.

Maar, daar waar die monsters en hul menslike operateurs hul spore gelos het, het die eerste ligene reeds weer vastrapplek gekry en groei mildelik waar daar onlangs niks was nie!

Die “plantjies” se hardnekkige weerstand het my verstom en alhoewel ek net sewe verskillende spesies kon sien, word ’n verstommende 125 spesies langs die Skedelkus aangetref.

Dit is binnekort weer Desember met mense wat goed en goeters aanvang wat hulle normaalweg nie as regdenkende Homo sapiens sou bewimpel nie.

Dink voor jy iets doen, pas asseblief jouself, ons land en sy fauna en flora op.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.25/OZ UP +1.06% | Copper US$ 4.55/lb UP +1.18% | Zinc US$ 2 919.60/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 981.52/OZ UP +0.75% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.25/OZ UP +1.06% | Copper US$ 4.55/lb UP +1.18% | Zinc US$ 2 919.60/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 981.52/OZ UP +0.75%