Gerine SMN
Gerine SMN

Ons deel in julle groot dag se vreugde

Gerine Hoff
Saterdag was dit weer sulke tyd: Die Bruidspaar van die Jaar-kompetisie, en dit bly meer as tien jaar later een van die lekkerste geleenthede om vir ons mediahuis te reël. Wat dit nog beter maak is dat ons lesers daar buite blyk om dit ewe veel te geniet, gegewe die interaksie wat ons van hulle (julle!) af kry.

Maar dit vat tyd; sommer baie tyd. Behalwe vir die eregaste – naamlik die bruidspare, die beoordelaars en ons borge – is daar soveel mense agter die skerms wat ’n hand bysit of ’n bydrae lewer sonder wie die kompetisie nie sou kon plaasvind nie.

Glo dit of nie, die eerste stappe begin al meer as ses maande voor die finaal. Daar word datums bepaal, borge gesoek en bemarkingsmateriaal moet ontwerp word.

Dan eers begin die inskrywingsproses, en soos mens nou maar is, ten spyte van ses weke se tyd om in te skryf, kom die grootste aantal inskrywings altyd op die laaste dag. Verlede jaar was dit vir my die ergste nóg: Uit die 230 inskrywings wat ons toe gekry het, het 70 op die laaste dag ingeskryf!

Elkeen se foto’s word mooi deurgekyk en almal se briefies wat hulle saamstuur word deurgelees, en saam deel ons in julle groot dag se vreugde. Die foto’s word ook elkeen op ons sosialemediaplatforms geplaas. Wanneer daar ’n plekkie is, is daar foto’s in die koerante ook.

Daarna begin die eerste rondte beoordelings: Van al die inskrywings kan daar ongelukkig net 30 deurgaan vir die publiek om vir hulle gunstelingpaartjies te stem. Dis immers vriende en familie wat sorg wie beland in die toptien!

Intussen word daar gereeld met die borge en die deelnemers gekorrespondeer – via e-pos, SMS, WhatsApp en Telegram, en stadig maar seker kom alles bymekaar. Die finaliste het ook ’n paar uitdagings wat die proses prettig maak.

En uiteindelik is die finaal op hande.

Die venue word pragtig versier, die verhoog word gebou, beligting en musiek word gereed gemaak. En in hierdie geval, is daar ook ’n span van ons televisiestasie wat die finaal regstreeks moet uitsaai. Die tegniese goed agter die skerms maak my moeg om net na te kyk, maar hierdie spannetjie weet presies wat hulle doen en hoe dinge moet werk; al is daar ’n USB wat op die laaste oomblik skielik by ’n rekenaar ingedruk moet word!

Terwyl die NTV-span besig is om tegniese dinge uit te sorteer, ontmoet ’n ander span die finalispaartjies en die beoordelaars wat gaan bepaal wie die wenners gaan wees. Ons kuier ’n bietjie terwyl daar iets te ete is en iets nat vir die keel om die senuwee te bedaar.

Dan, vyf minute voor die spreekwoordelike afskoptyd, word die paartjies in alfabetiese volgorde gesit en die dinge gebeur. Voor jy jou oë kan uitvee is ’n uur verby, die wenpaartjies is gekies en alles word opgepak.

Amper soos ’n troudag!

Maar weer, só ’n dag is nie moontlik sonder almal se helpende hande nie. So, dankie my mense en my span. Sonder julle sou dit nie so lekker wees om elke jaar weer hierdie wonderlike uitdaging aan te pak nie.

Love you all long time!

Kommentaar

Republikein 2024-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.02/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 85.88/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 1 002.64/OZ UP +1.73% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.02/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 85.88/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 1 002.64/OZ UP +1.73%