Ons daaglikse brood
Kos moet, na my mening, twee belangrike eienskappe hê; dit moet voedsaam wees en dit moet lekker wees.
Brood voldoen aan albei hierdie eienskappe, maar by uitstek aan die laaste een. Brood is lekker. En ek is mal oor brood!
Een van die min herinneringe aan my oupa (hy is oorlede toe ek drie was) is dat ek op sy skoot sit terwyl hy my blokkies brood, gedoop in warm melk en suiker, voer. My spesiale verhouding met brood het waarskynlik hier begin.
Maar ek onthou ook ’n latere – effens negatiewe – ervaring met brood. Ek was toe so 10 jaar oud. Ons het altyd ons hoofmaal in die aand geëet. Daardie aand was daar, soos gewoonlik, heerlike gekookte kos. En ook ’n wonderlike vars brood.
Moeder se stelling “eet eers jou kos dan kan jy brood kry” het ek summier verwerp. Ná herhaalde argumente, tranebuie en woedeuitbarstings het ek laat daardie aand aan die tafel aan die slaap geraak. Sonder kos en sonder brood. Pa het my opgetel en bed toe gedra.
My liefdesverhouding met brood bestaan vandag nog. Maar ek kan miskien op ’n meer volwasse manier wonder oor die mistiek hiervan.
Brood is seker een van die oudste gaar kosse wat bestaan. Ongeveer 6 000 jaar v.C. is graan met klip gemaal tot ’n growwe meel en dan in die son as ’n harde plat brood gebak. Maar die groot brood-ontwikkeling het gekom met die ontdekking van suurdeeg.
Volgens oorlewering het ’n jong Egiptenaar brood gebak, nie al sy deeg gebruik nie, en van dié vergeet wat oorgebly het. Toe hy later daarop afkom, het die deeg al begin fermenteer. En só is die eerste gerysde brood met ’n ligte tekstuur gebore, Die tegniek van broodbak is versprei vanaf Egipte na Griekeland en Italië. Dit was so suksesvol dat daar teen die jaar 100 v.C. alreeds 258 bakkerye in Rome was!
In Engeland het die kuns van broodbak met rasse skrede vooruit gegaan. Daar is selfs ’n opleidingsprogram vir bakkers begin – met ’n vakleerlingskap van ’n volle sewe jaar! Tradisioneel het huisvrouens, (omdat hulle oonde nie verfynd genoeg was nie) hulle brooddeeg self gemeng en dan na die bakker geneem om te bak. Natuurlik het dit soms tot oneerlikheid gelei as die bakker van die rou deeg afgeknyp het vir ’n ekstra brood van sy eie. Om hulself te beskerm het bakkers toe ’n ekstra brood by elke dosyn wat hulle in die oond sit, gemaak. Vandaar die Engelse term “a baker’s dozen” vir 13 broodjies!
Nader aan ons eie geskiedenis word vertel dat daar in Duitsland ook gemeenskaplike broodoonde was. In die herfs, ná die brode klaar gebak is, is die warm oonde met die heerlike geur van “Zwetschgenkuchen” (pruimkoeke) as nagereg vir ’n spesiale feesmaal gevul.
Behalwe vir die interessantheid van die geskiedenis van brood, is die kultuur van brood, soos gekoppel aan die land van herkoms, ook ’n studieveld vir die broodliefhebber. Dink maar aan die Ierse sodabrode, die lekker Skotse “bannocks en baps”, Britse muffins, en – nooit mag ons dit vergeet nie! – die wonder van daardie hemelse Franse “croissants” en “paõ” uit Angola.
Daar is ook spesiale brode wat op vreemde maniere hanteer word. Die Joodse “bagels” byvoorbeeld, word nie gebak nie, maar in kookwater gaargemaak. En amper al die Indiese brode soos “nan”, “pooris” en “chapati” word op ’n plat of geronde warm plaat gebak.
Ek het nog nie eens naby die studie van brode wat vir spesiale geleenthede, soos met Paastyd of Kersfees, op tafels verskyn, gekom nie. Wat ’n wonderlike verbeeldingsveld (en oneindige lekker smulgeleenthede) word nie deur brood geskep nie!
Maar wag, genoeg gepraat oor brood – ek dink daar is ’n vars “brötchen” of twee wat my roep. . .
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie