Ongewenste lewenslesse
Aurelia sê maar net
Wat ’n jaar! Ek kan nie sê dit was net sommer een van daardie “meh”-jare nie, want nee, dit was vol hoop, vol geleenthede, vol doel en tog aan die einde van die dag kan ek nie help om te wonder of ek dit alles net deur ’n rooskleurige bril gesien het nie.
Ek het dapper begin, met groot planne en selfs groter ambisies. Ek het gesê vir myself: “Hierdie jaar gaan alles anders wees.” En natuurlik, soos altyd het die lewe sy eie agenda gehad.
Ek het nuwe mense ontmoet wat my perspektief verbreed het, alhoewel sommige so vol selfvertroue was dat ek my eie IK by hulle moes meet om nie te voel ek’s dom nie. Ek het uitdagings aangepak wat my op my knieë laat val het – letterlik en figuurlik. Ek het gedink ek’s besig om my drome te bou, maar soms het dit gevoel of ek net klein blokkies stapel sonder om ooit die kasteel te sien.
Daar was ook oomblikke van suiwer vreugde. Ek het gelag tot my maag seer was, ek het nuwe idees ontdek, en ek het gesien hoe klein oorwinnings my moed gegee het om aan te hou. Tog, aan die einde van die jaar, lê ek hier en dink: “2025, jy was groot, maar jy het my net genoeg behandel op chaos om te weet ek kan beter doen.”
Ek het altyd gelag vir alles waarmee my ma my elke hoek en draai sou herinner. Sy sou altyd daarop wys dat my bo-arm net so kort is soos my duim is, wat beteken dat die gewigstoename te veel was. Maar ek het altyd gemaak as of ek dit nooit gehoor het nie, want die gimnasium het gewag en wag steeds vir my.
Hier haak sy een dag af: “My liefste dogter, selfs die ouens wat moontlik sou wil inbreek, sal hul planne dadelik laat vaar die oomblik as hulle jou hoor snork. Hulle sal net dink hulle het ’n huis binnegegaan met ’n groot man daarin, alles weens jou snork. Ek het jou ten minste só gered, so hou asseblief op om vir my remedies te stuur van 'hou op snork'."
Hopelik bring dit verbeterde persoonlike welstand, want ek kan nie meer hê dat ek die slegs iets doen vir die sake van die sake slagoffer moet wees nie. Ek wil groei, ek wil floreer en ek wil net hierdie een keer voel dat ek nie net oorleef nie, maar regtig leef. Die jaar 2025 was ’n oefening in volharding, maar 2026 laat dit asseblief die jaar wees waar ek uiteindelik die lessenaar van die lewe effens netjieser kan oorkom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie