Onderwysrubriek – Onderrigleiding in skole
Ek het nou onlangs die geleentheid gehad om die self-evalueringsinstrument (self-evaluation instrument) vir skole onder oë te kry.
Dit is ’n 24-bladsy boekie waarin die sleutelareas opgeneem is. Hierdie areas verteenwoordig die prestasie-aanwysers (performance indicators), te wete die voorsiening van fisiese bronne, verwesenliking van kurrikulumdoelwitte, onderrig en leer, die skool as ’n sosiale eenheid, bestuur en leierskap, verhoudings met belanghebbendes en verhoudings met ander skole.
Onder elke aanwyser is ’n aantal vrae wat met ’n ja of nee beantwoord moet word. Die ja’s en nee’s moet dan op ’n bepaalde wyse verwerk word en op ’n grafiek op bladsye 22 en 23 aangebring word. Dit sal mens dan ’n idee van ’n skool se prestasievlakke oor ’n bepaalde periode gee. Op die laaste bladsy moet die verbeterings sedert die vorige jaar aangebring word. Die dokument is in klein letters (lees eintlik moeilik) geskryf en die ja’s en nee’s wat in die voorsiene blokkies afgemerk moet word, is baie en oorweldigend. Ek wil egter eers staan by onderrigleiding (instructional leadership).
Ek is daarvan bewus dat daar heelwat oorsake is vir onderprestasie, maar ek is daarvan oortuig dat gebrekkige of die afwesigheid van onderrigleiding ’n bepalende rol daarin speel.
My gesprekke met onderwysers en navrae het aan die lig gebring dat onderrigleiding nie baie hoog op die “to do list” van skole is nie. Dit lyk my ook nie of onderwysers presies weet wat onderrigleiding is nie. Skole beskik oor ervare, minder ervare en onervare onderwysers. Soms is skoolhoofde ook genoop om onderwysers te belas met vakke wat nie deel van hul opleiding was nie. En dan is dit ’n geval van “swem of verdrink”.
Baie onderwysers verstaan hierdie noodsituasies, maar as sommige van hulle hulle nie vinnig in ’n vak instudeer nie, “verdrink” die leerders saam met hulle. Hulpverlening aan en bemagtiging van beginner-, onervare en sukkelende onderwysers geskied dan deur positiewe ingryping deur skoolhoofde en hul senior personeel by wyse van onderrigleiding.
Waarom is onderrigleiding dan so belangrik?
Eerstens, beginner-onderwysers is gewoonweg goed onderlê in kennis en teorieë, maar beskik nie oor die nodige platform oor hoe om daardie einste kennis betekenisvol en sinvol oor te dra nie. Ander onderwysers sukkel ook weer met verkeerde onderrigmetodes of met klasdissipline.
Onderrigleiding voorsien die nodige afrigting (coaching), mentorskap en professionele begeleiding wat in hierdie behoeftes kan voorsien. Die groot voordeel van onderrigleidng is dat dit ’n volgehoue kommunikasielyn tussen skoolhoof, onderwysers en leerders skep. Onderrigleiding impakteer nie net positief op die professionele profiel van onderwysers nie, maar het ook ’n positiewe impak op die motivering, betrokkenheid, dissipline en prestasies van leerders.
Elke skool beskik oor ’n visie, missie en kernwaardes. Hierdie verklarings en waardes is in die ingangsportaal van elke skool te sien. Die doelwitte, die “rigtinggewende sterre in die verte” is hierin opgesluit. Die groot waarde van onderrigleiding is dat dit die ruimte verskaf waarin hierdie doelwitte kan realiseer.
Nou, hoe en wanneer gebeur dit?
Byeenkomste, personeelvergaderings en ander informele byeenkomste is nie net van die ideale geleenthede waar die skoolhoof leiding kan neem nie, maar ook leierskap met ander kan deel. Dit bied dus die geleentheid om ander vir leierskapposisies voor te berei. Die ander geleenthede is klasbesoeke aan onderwysers. Hiervoor moet daar vroeg in die akademiese jaar reëlings getref word. Evaluerings van klaskamerbestuur en onderrig word gedoen en word opgevolg met besprekings en regstellings deur hulpverlening. Rekords hiervan moet geliasseer word en veral gebruik word wanneer die self-evalueringsinstrument voltooi word.
Die inspekteurs van onderwys en vakadviesdienste behoort ook toegang tot hierdie rekords te hê. Skoolhoofde wat onderrigleiers is, se skole doen nie net in die algemeen goed nie, die leerinkomste van hul leerders word ook positief beïnvloed.
(Geput uit die wysheid van Liisa Brolund in Student Success Through Instructional Leadership 2016)
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie