Onderwysrubriek – Veiligheid van kinders
“There is no trust more sacred than the one the world holds with children. There is no duty more important than ensuring that their rights are respected, that their welfare is protected, that their lives are free from fear and want and that they can grow up in peace, aldus Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die VVO.
Vandag na aanleiding van die gebeure in Okahandja wonder ek hoeveel ons werklik vir die veiligheid van ons kinders omgee. Baie mense (wanneer), op nostalgiese reise terug in die verlede, vertel graag hoe volwassene alle kinders in die buurt se “ouers” was. Volwassenes kon kinders stuur, vra om sekere takies te doen en hulle selfs met die tong berispe. Die gevreesde een was,”jou ouers sal hiervan hoor”. Ek wonder hoeveel volwassenes sal dit vandag waag!
Okahandja is in rou. Drie meisies is vermoedelik verkrag en vermoor. Een meisie was maar vyf jaar oud. Volgens getuies het die twee jongstes wel by die skool opgedaag en volgens ’n seuntjie is een deur ’n onbekende vrou in haar motor opgelaai. Volgens die ouma van hierdie meisie is die getuie nie ernstig opgeneem nie. Die gesinne, breë families, skoolmaats en die hele dorp is in rou gedompel. Die reg sal sy gang gaan, maar wat doen ons nou?
Die beskerming van kinders, veral by die skool, vereis die tussenspel van die statutêre reg (Grondwet en onderwysreg), gemenereg (in loco parentis-leerstuk), toesig deur ouers, sekuriteitsbeamptes by skole (wat deur die staat betaal word) en algemene gemeenskapsbesorgdheid. Ons het ’n arsenaal van beskermingsmeganismes, maar tog beland ons kinders in die hande van meëdoenlose misdadigers.
’n Belangrike vraag vir skole is waar die beskermingsmeganismes van die in loco parentis (gemenereg bepaling) begin en ophou. Baie keer sien ’n mens kinders ná skool buite die hekke van die skool wag om deur hulle ouers of huurmotors opgetel te word. Tydens koshuis-uitnaweke of skoolsluiting is dit erger. Selfs ná skemer sien ’n mens kinders nog voor die hekke en wag.
Jare gelede was hierdie verskynsel ’n belangrike agendapunt op die Onderwysforumvergadering in die ||Kharas-onderwysstreek. ’n Ander geval; atlete van Keetmanshoop moes op pad na Windhoek ’n ander bus in Mariental haal. Die bus het lank na die afgesproke tyd by die bestemming opgedaag en die kinders is voor die hekke van die koshuis van die hoërskool afgelaai. Niemand het hulle aan daai kinders gesteur nie. Ek moes later die skoolhoof van die betrokke skool bel om na die kinders om te sien.
Tye het verander en dit is duidelik dat die parameters van die in loco parentis-leerstuk verskuif het van plek en tyd en dat dit nie meer net van toepassing is binne die grense van skoolpersele nie.
Baie kinders word deesdae deur ouers, huurmotors en vriende en familielede by die skool besorg en gehaal. Die skool se beskermingsverantwoordelikheid het terselfdertyd verskuif na areas buite die hekke van skool- en koshuispersele. Dit is dringend noodsaaklik dat skoolbesture die nodige beskermingsmaatreëls in werking stel. Ek is van mening skoolbesture moet kennis daarvan neem hoe leerders by die skool opdaag en verlaat. Name van persone (en verwantskap) wat kinders by die skool besorg en gaan haal, moet getrou bygehou word, sowel as die registrasienommers van motors. Waar iemand in opdrag van die ouers hierdie taak verrig, moet die skool aandring op ’n skriftelike opdrag; natuurlik moet die geldigheid hiervan geverifieer word. Onderwysers moet soggens en middae by die hekke diens doen totdat elke kind die perseel en omgewing verlaat het. Waar kinders sonder rede nie by die skool of in die klaskamer opdaag nie, moet daar onmiddellik navraag gedoen word. Sekuriteitsbeamptes wat by skole diens doen, moet hul pligte onder die toesig van die skoolhoof verrig. Daar moet onmiddellik teen onderwysers en sekurititeitsbeamptes opgetree word wat meer in hul selfone as in die veiligheid van die kinders belangstel. Ek hoop regtig die ministerie sal so ’n opdrag aan die skole deurgee en dat die streekkantore die implementering daarvan sal monitor.
Kinderverkragting, moord en ontvoering is ’n realiteit, dit gebeur nie noodwendig net met ’n “ander antie se kind nie”.
Kom ons luister weer na Dalene Matthee wat gesê het: “God vergewe graag, maar hy vergewe diegene wat ’n kind leed aandoen, nie maklik nie”.
En, hierdie waarskuwing is aan die boosdoeners sowel as die oppassers van kinders gerig.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie