Onderwys – Tienerswangerskappe (Deel 4)
Ek het besluit om nog ’n rukkie stil te staan by tienerswangerskappe waar dit van kernbelang vir ons gemeenskap is. Ek sou verder wou konsentreer op die beskikbare statistieke om die omvang van die probleem uit te wys, maar die burokrasie het my bietjie gepootjie.
Alvorens ek toegang tot die statistieke kan kry, moet toestemming van die uitvoerende beamptes van die ministeries van geslagsgelykheid of gesondheid verkry word. So, ons los dit vir ’n ander dag.
Ek vertel graag die volgende storie. ’n Meisie wat ’n baba in graad 7 of 8 in die vroeë 80’s gekry het, het ná die bevalling ’n aansoek om toelating by my skool (Karasburg) ingedien. Die baba is vir aanneming opgegee.
Volgens die bestaande regulasies kon so ’n meisie wel ná die bevalling toelating kry, mits dit by ’n ander skool was. Die skoolhoof aan wie die aansoek om toelating gerig is, was egter nie verplig om haar toe te laat nie; hy/sy het wel ’n diskresie gehad en kon die aansoek weier.
Ek het haar wel tot die skool en koshuis toegelaat. Sy het graad 9 geslaag en haar matrieksertifikaat aan ’n hoërskool op Keetmanshoop verwerf.
Ná skool was sy suksesvol in haar werk, is later getroud en uit die verbintenis is vier kinders gebore. Almal het hulle bekwaam by naskoolse inrigtings en is suksesvol in wat hulle vandag doen. Hierdie meisie het nie deel geword van ’n poel van jong vrouens, wat as gevolg van swangerskap skool voortydig verlaat het nie. Sy is ’n paar jaar gelede oorlede. Haar sukses, in ’n baie meer negatiewe regulatoriese omgewing, kan toegeskryf word aan die ondersteuning wat sy van haar familie en die skool gekry het. Dit is my oorwoë mening dat daardie broodnodige ondersteuning vandag ontbreek; ten spyte van wetgewing en regulasies wat so ’n meisie ter wille is.
Wetgewing in Namibië rakende onderwys is inklusief en dit waarborg toegang to onderwys vir alle leerlinge; swanger meisies ingesluit. Dit beteken dat ’n jong moeder ná die bevalling na die skool kan terugkeer en so ver as moontlik deur die skool ondersteun moet word.
Hierdie ondersteuning en ander relevante voorskrifte is daarop gemik om te verhoed dat jong moeders die skool voortydig verlaat en deel word van ’n halfgeskoolde en lae-inkomstepoel.
Namibië, ’n ondertekenaar van die African Charter on the Rights and Welfare of the Child wat in artikel 11(6) bepaal dat,“State Parties to the present Charter shall have all appropriate measures to ensure that children who become pregnant before completing their education shall have an opportunity to continue with their education on the basis of their individual ability.”
En dit is waar ons tekort skiet; daardie ondersteuning wat seker moet maak dat swanger meisies nie die skool verlaat nie en dat jong moeders ná die bevalling terugkeer, is nie juis in plek nie.
Lesers word aangemoedig om die verhaal van Dolly Joseph (skuilnaam) van Eenhana in Ohangwena in 6 Junie se The Namibian te lees. Die inhoud en doel (content and intent) van die beleid rakende tienerswangerskappe is baie duidelik; daar skort iets met die implementering.
In baie Westerse lande word ’n muur van ondersteuning en beskerming om hierdie meisies gebou. Verpleegsters, maatskaplike werkers en mediese dokters word hiervoor ingespan. In die VSA, word naas onderwysers, ook verpleegsters en maatskaplike werkers by sommige skole aangestel. In die VK word skole deur verpleegsters vir ten minste twee dae per week besoek. In die Hessequa-distrik in die Eden-munisipaliteit in Suid-Afrika word tienerklinieke een dag per week in sommige dorpe gehou. In ten minste twee dorpe bied verpleegpersoneel dienste aan na-ure op Woensdae. Hierdie instellinge is nog nuut en tyd sal leer oor die doeltreffendheid daarvan.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie